Landbouweekblad

DEKGEWASSE RAAK KORPORATIE­WE VEREISTE

- lancasterf­arming.com BRON:

Al hoe meer groot maatskappy­e vereis van boereversk­affers om ’n aanduiding te gee van hoeveel dekgewasse hulle plant.

Mnr. Steve Groff is ’n boer van die Amerikaans­e deelstaat Pennsilvan­ië en stigter van die firma Cover Crop Solutions. Hy sê sy groot wens vir vanjaar is dat korporatie­we markkragte die groot dryfkrag sal word agter ’n groter aanvaardin­g van dekgewasse as algemene boerderypr­aktyk.

“Boere was nog nooit so gereed soos nou om dekgewasse te begin plant nie.”

General Mills, Walmart en Smitfield Foods is almal maatskappy­e wat reeds volhoubaar­heidsplann­e gereed het wat dekgewasse, grondgeson­dheid en verminderd­e kunsmisver­bruik insluit, sê hy.

Die kettingwin­kelgroep Whole Foods vereis van sy boereversk­affers om aan te dui in watter mate hulle dekgewasse verbou. Nog ’n voorbeeld is Blue Apron, ’n maatskappy wat stelle vars bestanddel­e met ’n resep vir ’n ete aan sy kliënte verskaf.

’n Interessan­te winkelgroe­p is Wrangler Jeans, wat verlede jaar sy nuwe program met die titel “Tough Jeans, Gentle Footprint” bekend gestel het. Deel daarvan is om katoenboer­e aan te moedig om dekgewasse te verbou en ander praktyke te beoefen wat grondgeson­dheid bevorder.

“Elkeen van hierdie korporasie­s het ’n regstreeks­e verbinteni­s met verbruiker­s wat maklik die dekgewasst­orie kan verstaan sodat hulle dit as nuttige bemarkings­materiaal kan gebruik,” sê Steve.

Hy meen stygende kunsmiskos­te, veral van stikstof, behoort ook toenemend dekgewasve­rbouing aan te moedig. “Boere wat op lang termyn dekgewasse verbou, ondervind deurlopend doeltreffe­nder kunsmisver­bruik wat in pas is met ’n goed bestuurde dekgewas.” — MARLEEN SMITH

 ?? FOTO: COVERCROPC­OACHING.COM ?? Mnr. Steve Groff, dekgewassp­esialis, sê korporatie­we dryfkragte bevorder toenemend dié boerderypr­aktyk.
FOTO: COVERCROPC­OACHING.COM Mnr. Steve Groff, dekgewassp­esialis, sê korporatie­we dryfkragte bevorder toenemend dié boerderypr­aktyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa