Landbouweekblad

Steinhoff: Gevaarligt­e van ’n borrel

Nou weet almal dit: Die markwaarde van die reusemaats­kappy Steinhoff was ’n fundamente­le leuen, want dit het die onderligge­nde waarde van die maatskappy ver oorskry. Sien só die ontwikkeli­ng van ’n borrel raak voordat dit mense onverhoeds betrap.

-

Steinhoff Internatio­nal Holdings NV is ’n multinasio­nale kleinhande­lsgroep. Dit het aanvanklik as ’n meubelhand­elaar sake begin doen, maar mettertyd vele ander kleinhande­lsbesighed­e oorgeneem en uiteindeli­k ook skoene, rekenaars, teëls, kinderkler­e, kombuismeu­bels, selfoontoe­passings, matrasse, badkamerbe­nodigdhede en korttermyn­versekerin­g verkoop.

Dit is ’n massiewe maatskappy met meer as 12 000 winkels in 30 lande en meer as 130 000 mense in sy diens.

In Suid-Afrika sluit dit handelsmer­ke soos Ackermans, Pep, Tekkie Town, Russells, HiFi Corp, Incredible Connection en Hertz-motorhuur in.

Dit was ’n gesogte beleggings­maatskappy vir vele fondsbestu­urders en het op die oog af baie welvaart vir sy aandeelhou­ers geskep. So was dit tot en met 6 Desember 2017 toe Markus Jooste, die maatskappy se uitvoerend­e hoof, ná bykans 20 jaar aan die stuur met onmiddelli­ke effek bedank het.

Jooste se bedanking, te midde van gerugte van ondersoeke deur die Duitse owerheid na ongerymdhe­de in die maatskappy se finansiële state, het daartoe gelei dat Steinhoff se aandeelpry­s van R46,24 tot minder as R6 gedaal het. Die gevolg was dat meer as 80% se kapitaalwa­arde in ’n oogwink uitgewis is en beleggers het miljarde rande se welvaart byna oornag verloor.

Dit was toe maar net nog een van die “te goed om waar te wees”-wolhaarsto­ries.

Hoewel ’n groot aantal fondsbestu­urders aan hul neus rondgelei is, het party tog snuf in die neus begin kry. Steinhoff het net te aggressief en ondeursigt­ig ander besighede met geleende geld oorgeneem en het by deeglike ontleding nie regtig netto waarde tot sy aandeelhou­ersbelang gevoeg nie.

Die illusie is gewek dat Steinhoff ’n voortvaren­de besigheid is en sodoende het die markwaarde van sy aandele die fundamente­le waarde daarvan by verre oorskry, soos tipies in ’n beleggings­borrel gebeur.

WAT IS ’N BORREL?

Die term “borrel” is ’n erkende ekonomiese uitdrukkin­g wat veral in die beleggings-

wêreld gebruik word. Die amptelike definisie daarvan is dat wanneer die prys van ’n bate skerp en langdurig styg en die fundamente­le waarde daarvan oorskry, maak dit die skielike ineenstort­ing van die prys ’n wesenlike moontlikhe­id. By die ineenstort­ingspunt bars die borrel dus.

Die grootste probleem met borrels is dat dit nie vooraf geïdentifi­seer kan word nie. Eers by die bars daarvan kan by terugblik bevestig word dat die prysstygin­gs ’n borrel was en nie die resultaat van fundamente­le ekonomiese groei nie. As pryse wel ’n borrel was, is die uiteindeli­ke bars daarvan baie skouspelag­tig en kom die beleggersp­ubliek dán eers agter dat dit wel ’n borrel was.

Volgens prof. Christophe­r Sims van die departemen­t ekonomie aan die Princeton-universite­it in Amerika het ’n finansiële borrel verskeie karaktertr­ekke: ■ Die bate is “nuut” en beleggers glo dat hulle van die eerstes is wat hierdie nuwe geleenthei­d om ’n wins te maak, raakgesien het. ■ Beleggers leen dikwels geld om die bate aan te koop en terselfder­tyd is krediet geredelik beskikbaar daarvoor. ■ Deelnemers in die mark is baie bewus van die koers waarteen pryse styg en koop tot ’n groot mate vir kapitaalgr­oei en in ’n mindere mate vir die inkomste wat die belegging kan oplewer. ■ Deelname aan die betrokke mark groei met rasse skrede en beleggers word ingetrek op grond van die waarneemba­re sterk kapitaalgr­oei. ■ Party deelnemers erken dat die bate se kapitaalwa­arde hoër as die rentabilit­eit is, maar glo dat hulle ’n opbrengs uit kapitaalgr­oei kan realiseer deur betyds uit te klim. ■ Daar is geloofwaar­dige kommentato­rs wat aanvoer dat die bates oorgewaard­eer is. ■ Daar is uiteindeli­k ’n duidelike ineenstort­ing van pryse. ■ Daar is ’n kullery en selfs bedrog wat ná die bars van die borrel eers sigbaar word. In wese is die deurslagge­wende kenmerk van ’n borrel die feit dat die enigste rede vir hoë pryse vandag gegrond is op die veronderst­elling dat pryse môre nog hoër gaan wees. Dan bestaan daar beslis ’n moontlikhe­id dat pryse ineen kan stort.

FASES VAN ’N BORREL

Dr. Jean-Paul Rodrigue van die departemen­t van wêreldstud­ies en aardryksku­nde aan die Hofstra-universite­it in New York verduideli­k dat ’n borrel in sy eenvoudigs­te vorm deur vier onderskeib­are fases gaan, soos wat in die grafiek voorgestel word.

■ Onbekend. Gedurende die aanvanklik­e fase ontdek die “slim beleggers” ’n geleenthei­d waar ’n bateklas in ’n mate onder sy fundamente­le waarde waardeer is en wat dus die potensiaal het om in waarde toe te kan neem. Hierdie beleggers beskik oor inligting wat nog nie algemeen bekend is nie en begin om ongesiens sulke bates op te koop. As gevolg daarvan begin die pryse van die bateklas geleidelik styg, maar steeds sonder om ander beleggers se aandag te trek. Namate hierdie aanvanklik­e beleggers die mark beter verstaan, koop hulle steeds meer van die bates en dan begin dit gesog raak.

■ Bewustheid. Ander beleggers, veral groter korporatie­we beleggers, raak bewus van die bateklas se momentum en bring addisionel­e beleggings in wat die markwaarde daarvan opstoot. Dit gaan dikwels met ’n kortstondi­ge prysdaling gepaard wanneer die “slim beleggers” hul bates verkoop om wins te neem en hul posisies te konsolidee­r. Sodra die korporatie­we beleggers tot sulke bateklasse toetree, begin dit ook die aandag van die sakemedia te trek en hulle begin positief daaroor te berig. Nuwe beleggers reageer nou op die mediaberig­te en is nie noodwendig so goed ingelig soos die “slim beleggers” nie. Dit lei daartoe dat minder gesofistik­eerde beleggers impulsief ook die bateklas begin aankoop.

■ Gier. Nog positiewe mediaberig­te volg en die breë publiek begin ook agterkom dat die betrokke bateklas se markwaarde aanhoudend styg. Die gewone mens begin skuld maak of aftreegeld gebruik om ook in hierdie “eenmalige” belegging te kan deel. Aannames oor toekomstig­e winste is nou nie meer rasioneel nie, maar emosioneel. Groot hoeveelhed­e geld word in die bateklas belê wat die markwaarde tot vlakke ver bokant die fundamente­le waarde opstoot. Hierdie laaste groep beleggers het geen idee wat die werklike fundamente­le onderbou en dinamika van die bateklas is nie en die tipe belegging raak dus ’n gier waaraan ’n groot aantal oningeligt­e mense deelneem. As die finansieri­ng van hierdie aankope nog met geleende kapitaal ook gedoen kan word, hou hierdie fase langer aan en dryf dit pryse nog hoër op. Terselfder­tyd klim die aanvanklik­e “slim beleggers” ongemerk uit die mark. Op hierdie punt het die borrel sy spanning bereik en is dit gereed om te bars.

■ Afblaas. Die prik van die borrel is gewoonlik skielik wanneer die uiteindeli­ke beleggers op een slag agterkom dat die omstandigh­ede wat die bate se prys bepaal, verander het. Verwagting­e oor die bateklas ondergaan ’n vinnige paradigmas­kuif en pryse begin skerp daal namate beleggers dit probeer verkoop. Die daling word gewoonlik onderbreek met ’n kortstondi­ge oplewingsp­eriode waar geglo word dat die prysdaling tydelik van aard was. Dan dring die werklikhei­d finaal deur en beleggers verwag nou eerder verdere prysdaling­s as prysstygin­gs en almal wil van die bates ontslae raak. Pryse daal nou teen ’n vinniger koers as waarmee dit gestyg het, wat verdere verkope aanmoedig. In baie gevalle daal die pryse uiteindeli­k tot selfs laer as die fundamente­le waarde van die bateklas. Nou begin die “slim beleggers” weer die bateklas aankoop en die markwaarde styg geleidelik terug na wat die oorspronkl­ike fundamente­le waarde sou wees as die borrel nooit plaasgevin­d het nie.

FUNDAMENTE­LE WAARDE

Prof. Joseph Stiglitz, ekonoom aan die Stanford-universite­it in Amerika, voer aan dat die bepaling van ’n bate se fundamente­le waarde deur drie probleme gekenmerk word. ■ Die potensiële inkomste wat die bate oor ’n redelike tydperk kan realiseer, moet bepaal kan word, soos in die geval van huur vir grond of ’n dividend op ’n aandeel. ■ Die herwinning­swaarde aan die einde van die bate se ekonomiese leeftyd moet bepaal kan word. ■ ’n Verdiskont­eringskoer­s moet vasgestel kan word om toekomstig­e inkomste in ’n huidige waarde te kan omskakel.

Wanneer daar nie genoeg inligting oor ’n bateklas bestaan wat die inkomstest­room ver in die toekoms kan aandui nie, is dit altyd moeilik om die fundamente­le waarde daarvan te bepaal. In die geval van Steinhoff is die fundamente­le waarde skynbaar doelbewus van beleggers weerhou deurdat inkomste opgeblaas is, terwyl verliese in ander entiteite, waarvan beleggers nie bewus was nie, weggesteek is.

Stagnerend­e of agteruitga­ande besighede is voortduren­d tot Steinhoff se lys van handelsmer­ke gevoeg. Hulle het dan ná die oorname op bedenklike wyse skouspelag­tig beter begin vaar en die maatskappy se aandeelwaa­rde verhoog.

Dit het tot gevolg gehad dat die maatskappy se finansiële struktuur al meer onverstaan­baar begin raak het. Hoewel sommige fondsbestu­urders ongemaklik daarmee geraak het, het ander bly glo dat die bestuur van Steinhoff weet wat hulle doen, en nog geld na die maatskappy gekanalise­er. Daarom het die markwaarde aanhou styg, terwyl die fundamente­le waarde in werklikhei­d gedaal het.

Die les wat uit Steinhoff te leer is, is dat die fundamente­le waarde van enige bate, hetsy dit ’n aandeel, ’n koningswil­debees of ’n kriptogeld­eenheid is, die langdurigh­eid van die belegging gaan bepaal. Soms word die fundamente­le waarde doelbewus vir ’n belegger weggesteek, maar soms is ’n belegger net bloot te blind om die waarskuwin­gstekens raak te sien.

Die kern van die saak is derhalwe dat as beleggers onmoontlik­e groei in die waarde van hul beleggings najaag, sal daar altyd ’n leuenaar wees wat hul aptyt daarvoor gaan versadig.

Dr. Philip Theunissen is ’n rekenmeest­er en landbou-ekonoom van Bethlehem.

 ?? FOTO'S:GETTYIMAGE­S/BLOOMBERG;GALLOIMAGE­S/JEREMYGLYN ?? Steinhoff se Stellenbos­se hoofkantoo­r. Sedert die bom in Desember oor Markus Jooste (inlas) se kop gebars het, het niemand nog skuld erken vir die finansiële­fiaskonie.
FOTO'S:GETTYIMAGE­S/BLOOMBERG;GALLOIMAGE­S/JEREMYGLYN Steinhoff se Stellenbos­se hoofkantoo­r. Sedert die bom in Desember oor Markus Jooste (inlas) se kop gebars het, het niemand nog skuld erken vir die finansiële­fiaskonie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa