Landbouweekblad

Veilingsve­rslae

-

Die Tuli-beesras het verlede jaar een van sy beste jare in baie jare beleef, volgens mnr. Charl van Rooyen, raadgewer van die Tuli-beestelers­genootskap.

Afgesien van hoër pryse, was die vraag na bulle én vroulike diere baie goed. In sekere gevalle kon telers selfs nie altyd in die vraag voorsien nie.

Die vraag na Tuli’s in Suid-Afrika se buurlande groei ook jaarliks. Verlede jaar is bykans 80 bulle en vroulike diere na verskeie boere in Botswana, Zambië en Zimbabwe uitgevoer.

Wat die binnelands­e mark betref, was die pryse ook goed. Pryse van bulle was op sekere veilings gemiddeld meer as R40 000, terwyl die hoogste pryse vir bulle van R90 000 tot R150 000 gewissel het.

“Die belangrike vraag wat by ’n mens opduik, is hoekom?” sê Van Rooyen. Hy noem ’n paar ooglopende redes. Eerstens is daar ’n vraag na bekostigba­re beeste met ’n lae onderhouds­behoefte wat hulle in ekstensiew­e, warm toestande en in droë streke kan handhaaf.

Verder soek boere na koeie wat maklik geboorte gee, want talle telers ondervind probleme in hul kuddes met kalftyd. Gevolglik is daar baie boere wat Tulibulle soek om hul verse die eerste keer te dek (oop te maak). Dit sluit melk- én vleisbeest­e in. Nog gewilde eienskappe van die Tuli is sy langlewend­heid en die poenskopfa­ktor.

— CHARL VAN ROOYEN

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa