Landbouweekblad

Van oraloor

- — JOYLENE VAN WYK

NOG ses uitbreking­s van die hoogs aansteekli­ke H5N8-voëlgriepv­irus het in Januarie in die WesKaap voorgekom. Die totale aantal uitbreking­s wat sedert verlede Junie in Suid-Afrika voorgekom het, het tot 126 gestyg.

Die Noord-Kaap en Limpopo is die enigste provinsies wat nog nie onder die H5N8-virus deurgeloop het nie. Tot en met 23 Januarie was daar 40 uitbreking­s onder volstruise, 29 onder wilde voëls, 30 op kommersiël­e hoenderpla­se, agt onder agterplaas­hoenders en 19 onder stokperdji­een dieretuinv­oëls.

Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het hierdie inligting aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye bekendgema­ak. Mnr. Mooketsi Ramasodi, waarnemend­e direkteur-generaal van die departemen­t, sê omdat Suid-Afrika nie voor verlede jaar se uitbreking­s die virus onder hoenders of plaaslike voëls gehad het nie, afgesien van volstruise, word die uitbreking­s as baie ernstig vir die land se dieregeson­dheidstatu­s gesien.

Me. Rosina Semenya, voorsitter van die portefeulj­ekomitee, het nie doekies omgedraai om die departemen­t oor die kole te haal oor sy traagheid om biosekerhe­idskwessie­s te takel nie.

Sy het gesê sy kan nie verstaan waarom die wetenskapl­ikes nie dag en nag werk om die virus te bestuur nie. “As ons nie siektes kan bestuur nie, hoe sal ons as ’n land oorleef?”

Graan SA het aan haar gesê hy is gereed om saam te werk sodat daar ’n behoorlike reaksiestr­ategie ontwikkel kan word vir wanneer uitbreking­s van byvoorbeel­d die herfskomma­ndowurm die land tref. “Die probleem is die departemen­t beweeg nie vinnig nie. Hy moet ’n regsraamwe­rk opstel sodat so ’n strategie in werking gestel kan word.”

R40 MILJOEN VIR VERGOEDING

Die kwessie of voëls ingeënt moet word of nie, word steeds met die pluimveebe­dryf bespreek, het Ramasodi gesê. Inenting teen die virus voorkom nie besmetting nie. Dit verminder slegs die kliniese tekens van die siekte en die verspreidi­ng van die virus, volgens haar.

“Weens die moontlikhe­id dat inenting die virusbesme­tting kan verbloem, sal die meeste handelsven­note nie pluimvee, hoendervle­is of produkte van ’n land aanvaar wat teen die virus inent nie.”

Altesaam R40 miljoen is deur die ministerië­le begrotings­komitee goedgekeur om boere te vergoeding vir verliese wat gely is. Ramasodi sê die minister het reeds die riglyne goedgekeur vir die vergoeding wat betaal moet word vir gesonde hoenders wat voorkomend uitgeslag moes word. ’n Deel van die geld sal gebruik word om die biosekerhe­id op pluimveepl­ase te versterk.

VERBOD OP UITVOER

Talle lande waarheen SuidAfrika pluimveepr­odukte uitvoer, het sedert die uitbreking­s ’n verbod op die invoer daarvan geplaas.

Die Europese Unie, spesifiek Noorweë, Ysland en Switserlan­d, het op 28 Junie verlede jaar ’n verbod ingestel op die invoer van vleis van loopvoëls, onbehandel­de hoendervle­is en onverwerkt­e neweproduk­te. Hongkong het in Junie, Julie en Augustus ’n verbod op die invoer van alle pluimveepr­odukte ingestel, waaronder eiers.

Israel, Namibië, Mosambiek, die Verenigde Arabiese Emirate, Saoedi-Arabië, Zimbabwe en Swaziland is ook op die lys van lande wat pluimvee-invoer vanaf Suid-Afrika verbied.

Die Wes-Kaapse regering het teen einde verlede jaar aangedui dat boere daar reeds produksiev­erliese van meer as R800 miljoen weens die uitbreking­s van H5N8 gely het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa