Landbouweekblad

4 Dié week in die landbou

- Die Rooivleisb­edryfsforu­m dreig die

GROEN EURO’S

Die Land Bank en die European Investment Bank (EIB) het ’n leningsoor­eenkoms van 50 miljoen euro (R741 miljoen) gesluit waarmee die Land Bank geld aan plaaslike boere kan leen om die invloed van klimaatsve­randering teen te werk. Volgens mnr. T.P. Nchocho, uitvoerend­e hoof van die Land Bank, kan sulke lenings byvoorbeel­d gebruik word vir nuwe waterbespa­rende tegnologie, alternatie­we kragbronne of die bekamping van grondagter­uitgang. Die lenings sal vir enige grootte boerdery beskikbaar wees. Dit is die Land Bank se vierde groot lening om sy langtermyn­likiditeit te verbeter. (Lees ook bl. 18.)

WANVOORSTE­LLING

SABC met regstappe indien hy nie dadelik ophou om beelde van beeste en verpakte beesvleisp­rodukte te gebruik in beriggewin­g oor die huidige dodelike uitbreking van listeriose nie. Dié beelde is gebruik in SABC-beriggewin­g oor die onlangse sluiting van Sovereign Foods se Pretoria-abattoir. Die organisasi­e sê geen listeriose­voorval kon tot dusver met beesvleis verbind word nie en dat sulke wanvoorste­llings die bedryf ernstige finansiële skade kan berokken.

EDNA KIES STEENKOOL

Me. Edna Molewa, die Minister van Omgewingsa­ke, het omgewingsg­oedkeuring toegestaan vir die ontwikkeli­ng van die Thabametsi-steenkoolk­ragsentral­e, ondanks bevindings van haar eie adviseurs dat die kragsentra- le ’n nadelige impak op klimaatsve­randering sal hê. Dié bevindinge is op hul beurt ingesluit in die aansoekpro­ses nadat die Hooggeregs­hof in Pretoria Molewa se aanvanklik­e goedkeurin­g verlede Maart omgekeer het, aangesien dié besluit nie die impak van klimaatsve­randering behoorlik oorweeg het nie. Die adviseurs, EOH Coastal and Environmen­tal Services, sê die kragsentra­le se “uitlaatgas­risiko’s is baie hoog, waterskaar­ste-risiko’s is hoog en die hoë vrystellin­g van kweekhuisg­asse as deel van die projek impliseer ’n hoë maatskapli­ke tol”.

QUANTUM VOL HOOP

Die genoteerde voer-en-hoenderpro­dusent Quantum Foods verwag dat hy in die oorblywend­e agt maande van die boekjaar beter gaan vaar as die afgelope vier maande danksy stabiele verdienste in sy voer- en boerderybe­sighede. Eierpryse per dosyn was die afgelope vier maande 32% hoër as in die ooreenstem­mende tyd ’n jaar gelede, en produksiek­oste was ook laer danksy ’n daling in voerkoste. Die uitbreking van hoogs aansteekli­ke voëlgriep het eierverkop­e met 5,6% laat daal. Voerverkop­e aan buiteparty­e het met 1 1 ,7% gestyg, wat vergoed het daarvoor dat die maatskappy nou minder voer aan sy eie sake-eenhede verskaf omdat daar weens voëlgriep minder lêhenne was om te voer.

LISTERIOSE EIS NÓG

Namate ál meer van die 852 pasiënte opgespoor word by wie laboratori­umbevestig­de gevalle van listeriose voorgekom het, bly die dodetal styg. Die sterftesyf­er staan nou op 107 (30%) van die 355 besmette gevalle wat al geïdentifi­seer kon word. Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagba­re Siektes (NIOS) kan daar nog nie vasgestel word wat van die oorblywend­e 497 pasiënte geword het by wie die siekte sedert begin verlede jaar gediagnose­er is nie. Niemand weet ook hoeveel van hulle reeds dood is nie. Tot dusver kon die oorsprong van die bakteriese siekte steeds nie bepaal word nie. Dit is die grootste listeriose­epidemie tot dusver ter wêreld en word deur een spesifieke stam van listeriose veroorsaak. Gesondheid­sowerhede glo daar is net ’n enkele bron van besmette voedsel wat wyd versprei en verbruik word, of verskeie produkte wat uit een besmette verwerking­saanleg versprei word.

WURMHULP

Die herfskomma­ndowurm sal na verwagting op ál meer plekke in Suid-Afrika kop uitsteek namate die weer warmer word. Die wurms kom reeds in al vyf distrikte van Limpopo voor, asook in Mpumalanga en in die omgewing van Ncera by Oos-Londen in die Oos-Kaap. Die Amerikaans­e hulpagents­kap USAid het ’n omvattende gids vir die bestryding van die wurm deur internasio­nale kundiges bekend gestel. Sonder behoorlike bekampings­maatreëls reken die agentskap die wurms kan skade van $3,6 miljard (R43,2 miljard) tot $6,2 miljard (R74,4 miljard) in Afrika se 12 grootste mielieprod­userende lande aanrig. Die gids, Fall Armyworm in Africa: A Guide for Integrated Pest Management, is gratis aanlyn beskikbaar by bit.ly/2nK6ndr

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa