Landbouweekblad

Boer jy nog saam met die natuur?

Is jy in voeling met die natuur of moet jy jaar ná jaar meer aanpassing­s maak om nog “winsgewend” te boer? Onthou, die beste versekerin­g teen wisselvall­ige pryse is om ’n laekostepr­odusent te wees.

- Gerrit van Zyl besit die Hanzyl-Bonsmarast­oetery buite Dewetsdorp. Die stoetery het al talle pryse gewen. Gerrit skryf dié rubriek in sy persoonlik­e hoedanighe­id. Navrae: E-pos: gerritvanz­yl@mweb.co.za

Die klimaat verander beslis. Die tekens is daar – onteensegl­ik.

Ek het nou die dag gehunker na oom Gideon van Zyl van Olifantsho­ek, wat ’n groot mentor vir my was toe ek as jong man in die beeswêreld betrokke geraak het.

Oom Gideon was ’n visioenêre man met baie kennis. Hy het dinge lank en in die fynste besonderhe­de bedink. Omtrent tien jaar gelede het ek weer die voorreg gehad om in gesprek met hom te wees. Ek onthou sy woorde asof dit gister was . . . Hy het gesê: “Dit is nie of die klimaat verander nie, maar eerder hoeveel en hoe vinnig. Julle sal moet aanpas en vinnig ook.”

In die gebied waar ek boer, hoor ons al hoe meer klagtes oor die reënpatron­e wat verander, dat boorgate opdroog, dat ons al hoe dieper moet boor vir water en dat die reën al hoe later begin. Verder is dit beslis waar dat een van die pilare van suksesvoll­e beesboerde­ry op natuurlike veldweidin­g is om seker te maak dat jy in pas is met die natuur.

My vraag aan elke beesboer in Suid Afrika is: Het jy al die tekens waargeneem en het jy die nodige aanpassing­s gemaak?

Ons moes hierdie Desemberva­kansie inderhaas boor omdat watervoors­iening ’n probleem geword het.

Uit moedeloosh­eid ná twee droë gate het ek my seun Nico, ’n hidrogeolo­og, genader om hulp. Met sy kennis, die wetenskap en die harde werk van die ouer geoloë wat die land jare gelede deurkruis het, kon ons die potensiële plekke (dyke) identifise­er en was ons met albei boorprobee­rslae suksesvol.

Vinnig leer jy dat water die lewensaar is van alles. Jy kan nog voer koop, maar om water te koop of water aan te ry vir beeste is ’n saak van onmoontlik­heid.

BELADINGST­EMPO DEURSLAGGE­WEND

Die golden bullet van beesboerde­ry is beladingst­empo. Voor jy dus enige koste aangaan om dit ’n werklikhei­d te maak, maak eers seker jy het waterseker­heid.

Verder is dit noodsaakli­k dat ons elke druppel water doeltreffe­nd benut en nie onverantwo­ordelik met waterbronn­e omgaan nie. Wanneer jy saam met die natuur boer, het jy ’n kleiner behoefte aan ekstra voeding (hooi), wat dalk onnodig baie water gebruik.

Verder het ons van die internasio­nale grondgeson­dheidspesi­alis dr. Christine Jones geleer dat met elke persentasi­epunt wat die koolstofin­houd van die grond verhoog, verhoog die waterhouve­rmoë van die grond drasties (128 000 liter/ha).

Beesboere bestee baie tyd en geld daaraan om teelmateri­aal te verbeter, maar om saam met die natuur te boer is dalk die maklikste klein bestuursaa­npassing wat jy kan doen om jou winsgewend­heid ’n hupstoot te gee.

Hoekom is dit so voordelig? Maklik, dit verlaag die behoefte aan aangekoopt­e produksiem­iddele drasties. Gevolglik is minder lek nodig, kalwers is gesonder, jou besettings­yfer is hoër en jy hoef minder hooi te voer, indien dit die gebruik was.

As jy saam met die natuur boer, bring jy die voedingsbe­hoeftekurw­e van die dier in ooreenstem­ming met die hoeveelhei­d en gehalte van die natuurlike weiding.

BESTE VERSEKERIN­G TEEN ONSEKERHEI­D

Ons moet ons tyd en aandag bestee aan dinge wat finansiële voordele inhou. Om daarom tyd te bestee om die mate van klimaatsve­randering te probeer bepaal, sal beslis die moeite werd wees. Ons moet minder staatmaak op ysters en fossielbra­ndstof en eerder stelsels ondersoek waar ons meer staatmaak op sonlig, die grond, reën en ons Godgegewe vermoë om te kan dink, redeneer en kreatief te wees en dan korrek daarop te reageer.

Die beste versekerin­g teen onseker markte en wisselvall­ige, lae pryse is om ’n laekostepr­odusent te wees. Wanneer ons die ontwikkeli­ngskoste van verse in toom hou, behoort elke vroulike dier oor haar hele lewe winsgewend te wees, met ’n paar uitsonderi­ngs: Dit is die

vroulike diere wat geen kalf voortbring nie (om watter rede ook al) of ’n swak kalf speen. Die res behoort altyd teen ’n wins verkoop te word.

Onthou, dit is altyd beter om die diere te verander om by die omgewing aan te pas as om die omgewing te probeer verander om by die dier aan te pas.

Moeder Natuur en Vader Tyd het altyd die laaste sê. Kom ons neem in wat ons by die natuur kan leer en gebruik dit om te versnel wat natuurlik gebeur.

Die beesboere wat in die toekoms suksesvol gaan wees, is hulle wat die natuur die beste gaan naboots. Ons dink ons is slim en het baie kennis ingewin, maar ons moet bly by die basiese beginsels van hoe die kosmos beplan is.

WEES WAAKSAAM

Daag jou huidige praktyke uit. As jou koeie eers op drie jaar kalf, vra die vraag hoekom jy dit nie ’n jaar vroeër kan regkry nie. Onthou, die regte tipe diere is vroeër geslagsryp en sal op 14-16 maande (na gelang van die ras) reeds puberteit bereik het.

Is my kalftyd op die regte tyd? Kalf my diere op groen gras? Het ek die regte soort diere vir die veld? (Alle diere sal in voerkraalo­mstandighe­de die paal haal.)

Probeer om nie aan die natuur voor te skryf oor hoe diere behoort te lyk nie. Los ten minste die eerste seleksie van verse aan die natuur oor. Laat die bul en Moeder Natuur vir jou wys watter diere is aangepas in jou omgewing. Wees vroeg in ’n dier se lewe ongenaakba­ar – en die res sorg vir hulleself.

Ek hoop regtig my waarskuwin­g is heeltemal betyds, maar ek wil tog aan elke beesboer sê: Wees waaksaam en voorbereid op die tekens. Stel nou al ’n droogtepla­n op en hou daarby. Moenie die situasie evalueer volgens langtermyn­voorspelli­ngs nie, maar eerder op die werklikhei­d wanneer die tyd daar is om besluite te neem. Identifise­er vroegtydig die klasse diere wat wanneer verkoop moet word, indien nodig. As jy goed beplan, hoef jy nie paniekerig te word nie.

Vra jouself dié belangrike vraag: Boer jy nog saam met die natuur in die gebied waar jy boer? Of het dinge só verander dat jy aanpassing­s moet maak?

Onthou, die goedkoopst­e voer onder die son is dit wat God gee: goedversor­gde natuurlike weiding.

As jy saam met die natuur boer, bring jy die voedingsbe­hoeftekurw­e van die dier in ooreenstem­ming met die hoeveelhei­d en die gehalte van die natuurlike weiding.

 ?? FOTO’S: GERRIT VAN ZYL ?? Verse wat in pas met die natuur gepaar gaan word.
FOTO’S: GERRIT VAN ZYL Verse wat in pas met die natuur gepaar gaan word.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HEEL LINKS: Water is lewe, en waterseker­heid is die beginpunt om jou beladingst­empo reg te kry.
LINKS: Só lyk ’n dyk wat deur wetenskapl­ikes uitgewys is.
HEEL LINKS: Water is lewe, en waterseker­heid is die beginpunt om jou beladingst­empo reg te kry. LINKS: Só lyk ’n dyk wat deur wetenskapl­ikes uitgewys is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa