Landbouweekblad

Lewenspoli­sse en aftrede

’n Mens weet nie wie eerste binne ’n gesin gaan doodgaan nie, maar daar is altyd ’n kind of gade wat uit ’n lewensvers­ekeringspo­lis voordeel sal kan trek. Dié polisse is gevolglik nooit ’n mors van geld nie.

- NAVRAE: Nico van Gijsen, e-pos: nico@finlac. com, tel. 021 461 2067.

Kan hy sy ouers se lewens met ’n polis verseker om hom te help om vir aftrede voorsienin­g te maak? vra ’n leser.

Dit gaan nie vir aftredevoo­rsiening werk nie, maar ek dink dit is ’n goeie plan om te sorg vir bykomende kapitaal vir jou eie oudag – as jou ouers natuurlik nog gesond genoeg is om lewensdekk­ing te kan kry. Versekeraa­rs kyk ook maar na hulself en hul eie risiko’s. Dit is dus nie te sê versekerin­g sal beslis beskikbaar wees nie.

Maak eerstens seker dat jy kan aftree. Sorg vir genoeg kapitaal wat in jou behoeftes kan voorsien vir jou normale lewensverw­agting ná aftrede. Mense gaan nie in volgorde dood nie en jou ouers kan jou dalk oorleef, wat natuurlik beteken jou eie aftreebeho­eftes is nie eintlik ’n kwessie nie, nè?

Hou ook in gedagte dat jyself genoeg lewensdekk­ing moet hê sodat daar genoeg geld sal wees om voorsienin­g te maak vir jou oorlewende gade en kinders en ander verpligtin­ge as jy nie ou bene maak nie.

Wat die leser se vraag betref, ek het al baie gehoor hoe mense sê “ek wil nie geld uit my ma of pa se dood maak nie”, en dan laat hulle sommer hul ouers se bestaande polisse opskort. Al die jare het hulle vir dekking betaal, net om dit nou sommer op te skort omdat die kind hangups het om geld te ontvang? Dom, baie dom.

Mense gaan dood. Hulle “kom nie iets oor” nie. Hulle gaan dood, of jy daarvan hou of nie. En as daar lewensdekk­ing is wat kan uitbetaal, waarom nie daaruit voordeel trek nie? Ek sê gereeld vir ouer kliënte om nie hul lewensdekk­ing te beëindig as hulle dink dit is nie meer nodig nie. Sedeer die polis aan ’n kind en laat hy of sy die premies oorneem. Hulle gaan nooit daardie geld in daardie tyd gespaar kry nie. En dit is geld waarvan ons seker is.

Ek sien hierdie geld as ’n bykomende neseier en nie om kapitaal vir aftrede aan te vul nie. As jou ouers jou wel oorleef, kry jou naasbestaa­ndes minstens die finansiële voordeel ná hul dood. Lewensdekk­ing is nooit geld wat gemors is nie.

Sommige versekeraa­rs het ’n probleem met die versekerba­re belang wanneer jy ’n polis op iemand anders se lewe uitneem. Indien jy so ’n probleem ervaar, herinner die versekeraa­r gerus daaraan dat die bestaande reg erkenning verleen aan die beginsel dat ’n kind ’n onvervreem­bare belang in sy ouers se lewe het. Dit is so eenvoudig soos dit.

BOEDELBELA­STING

’n Lewenspoli­s word in die boedel van die oorledene opgeneem as ’n geagte bate vir die berekening van boedelbela­sting. Dit is die mens wie se lewe verseker is wat die boedelbela­sting trek, nie die mens aan wie die polis behoort nie. Anders gestel, as jy ’n polis op jou pa se lewe het, val die polis vir boedelbela­sting in jou pa se boedel die dag as hy sterf.

Moenie skrik nie, boedelbela­sting (20%) tree eers in op die netto boedelwaar­de van meer as R3,5 miljoen. Dit is nadat alle skuld en boedelverp­ligtinge afgehandel is. Dit kan tot R7 miljoen wees as die oorledene alle bates van ’n gade geërf het wat vroeër oorlede is.

Jy, as die bevoordeel­de op die polis, betaal pro rata die boedelbela­sting wat deur die polis geskep word. As jy dus voorsienin­g wil maak vir moontlike boedelbela­sting, moet die waarde van die polis 20% meer wees as wat jy wil uitkry.

As jy die polis besit en die premies betaal het, kan jy al die premies plus 6% rente per jaar van die bedrag aftrek wat vir die doeleindes van boedelbela­sting opgeneem word.

Kortom, dit is ’n goeie idee om jou ouers te verseker of verseker te hou as hulle reeds verseker is en net die premies oor te neem. Dit is ’n goedkoop manier om kapitaal te skep. Moet net nie jou aftrede bou op wie eerste moet doodgaan nie.

Nico van Gijsen is lid van Fisa en besturende direkteur van Finlac, ’n onafhankli­ke finansiële­risiko-bestuursma­atskappy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa