Landbouweekblad

14 Kommer oor plaaslike sojaboonma­rk

- — AMELIA GENIS

GRAANBOERE moet uitspring en “ou voorraad” onkruid- en insekdoder­s aankoop om moontlike reusepryss­tygings van 40% tot 100% vry te spring.

Dit was die boodskap van dr. Dirk Strydom, hoof van ekonomie en bemarking by Graan SA, op die organisasi­e se streekverg­aderings op Riversdal, Rietpoel en Moorreesbu­rg. Dit sal gebeur as plaaslike pryse van landbouche­miese middels dié van Chinese markte s’n gaan navolg.

Die prys van die sistemiese insekdoder met die aktiewe bestanddee­l imidaklopr­ied, het byvoorbeel­d oor die loop van ’n jaar in China verdubbel, terwyl ’n styging van 86% by deltametri­en verwag word. Die prys van die onkruiddod­ers glifosaat en atrasien het in China onderskeid­elik met 29% en 41% gestyg.

Strydom sê hul navorsing toon dat kunsmispry­se ook gaan styg, maar wel nie in dieselfde mate as dié van ander landbouche­miese produksiem­iddele nie. Volgens hom is Suid-Afrika se kunsmis op twee na die duurste ter wêreld.

DRING AAN

“Chemiese bestuur gaan vanjaar uiters belangrik wees. Koop so gou en so vroeg moontlik ou voorraad. Die mense gaan sê daar is nie meer ou voorraad nie, maar plaas druk op hulle. Daar ís ou voorraad,” sê Strydom.

Die rede vir die groot prysstygin­gs is strenger omgewingsr­egulasies vir landbouche­miese produkte in China, waar baie van die middels vervaardig word. Graan SA sê die organisasi­e kan nie veel daaraan doen nie. Die pryse van produkte uit Europa styg nie so erg nie.

Plaaslike boere sal aan die kostekant aanpassing­s moet maak omdat hulle nie van die koringprys se kant verligting kan verwag nie. Strydom sê die wêreld se koringvoor­raad is die grootste tot nog toe, wat nie goed is vir die koringprys nie. Boonop is die wisselkoer­s besig om te versterk.

Daar is darem een ligpunt. Al het die internasio­nale olieprys gestyg, help die sterker rand dat brandstofp­ryse reeds in Februarie laer is.

Boere kan klein stygings in saadpryse verwag. Graan SA is optimistie­s dat die internasio­nale kommissie vir handelsadm­inistrasie (Itac) die invoertari­ef op kanolasaad sal afskaf, soos hulle versoek het.

‘Die mense gaan sê daar is nie meer ou voorraad nie, maar plaas druk op hulle. Daar ís ou voorraad.’

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Graan SA maan boere om so gou moontlik ou voorraad onkruid- en insekdoder­s te koop om reusepryss­tygings vry te spring.
FOTO: AMELIA GENIS Graan SA maan boere om so gou moontlik ou voorraad onkruid- en insekdoder­s te koop om reusepryss­tygings vry te spring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa