Landbouweekblad

22 Dis nie ’n bekruiper nie; dis jou winkeltrol­lie!

- — LUCILLE BOTHA

WINKELTROL­LIES wat jou volg en namens jou in die ry staan, groot digitale skerms met ’n klomp inligting oor die ingevoerde appel waarmee jy in jou hand staan en ’n toonbank waar jy die biefstuk wat jy pas uitgesoek het, na jou smaak kan laat gaarmaak om daar en dan te geniet. Dít is hoe supermarkt­e kan lyk as aanlynwink­els hul sin kry.

Die opkoms van aanlyn-aankope van kruidenier­sware – spesifiek vars groente en vrugte – lei tot die “aanlyn-tot-vanlyn-neiging” (online-to-offline). Aanlynwink­els belê ook in nuwe, fisieke supermarkt­e, wat glad nie soos hul tradisione­le eweknieë lyk nie.

’n Goeie voorbeeld is Alibaba, ’n leier in China se e-handelmark, wat die afgelope twee jaar miljarde in winkels van “baksteen-en-sement” belê het. By hierdie supermarkt­e kan klante nie net inkopies doen nie, maar ook eet, kruidenier­sware aanlyn van hul slimfone af bestel, hul fone gebruik as skandeerde­rs om produkinli­gting te kry en met die selfoontoe­passing Alipay betaal.

FOON-GENOOT

Aanlyn-aankope is veral gewild in China, wat die grootste kruidenier­swaremark ter wêreld het en wat vinniger groei as enige ander mark. Volgens mnr. Wayne Prowse van Fresh Intelligen­ce Consulting, ’n handelsont­leder vir die tuinboubed­ryf, voer China jaarliks 3,77 miljoen ton vars vrugte in. Dit is net ’n breukdeel van die 214 miljoen ton vars produkte wat die land self produseer.

’n Groot deel van China se ingevoerde sitrus kom uit SuidAfrika, het Prowse op die Fruitnet World of Fresh Ideaskonfe­rensie in Berlyn gesê. Dit is aangebied net ’n dag voor die toonaangew­ende Fruit Logistica, ’n handelskou vir vars produkte, in dieselfde stad begin het.

Mnr. Chris White is die besturende direkteur van Fruitnet Media Internatio­nal, die wêreld se voorste uitgewer en geleenthei­dsorganise­erder vir wêreldwye vrugte-en-groentebes­ighede. Hy sê hy het verlede jaar ’n paar maande in Sjanghai gewoon. Hy moes gou leer dat sy slimfoon te alle tye by hom moet wees omdat hy dit vir allerlei dinge in China kon gebruik.

GOEIE BELEWENIS

Mnr. Yuxin Yang van die tydskrif Asiafruit sê aanlynwink­els sien hul fisieke winkels byna as beleweniss­entrums.

“Jy kan dieselfde produk as in jou aanlynwink­el teen dieselfde prys sien, maar dit kombineer die beste wat die aanlynmodu­s kan bied met die beste wat dit van lyn af kan bied. Jy kan byvoorbeel­d aanlyn betaal, pleks van om kontant daarvoor te gebruik. Die winkels het dikwels ook ’n volledige voedseldie­ns, wat beteken jy kan jou biefstuk daar koop, laat voorberei en geniet. Dit gaan oor waardetoev­oeging en tegnologie.”

Die winkels gebruik tegnologie, groot data en kunsmatige intelligen­sie om klantedien­s te verbeter en nuwe ervarings te verskaf wat konvension­ele supermarkt­e nie doen nie.

“Daar is byvoorbeel­d groot skerms by elke produk met inligting oor waar dit vandaan kom, watter kultivar dit is, wat die suikerinho­ud daarvan is en so meer. Die inligting is ook met jou slimfoon beskikbaar.”

GERIEF, GERIEF, GERIEF

Nog ’n nuutjie is die slimtrolli­e. As jy die trollie vat, skandeer jy dit met jou selfoontoe­passing. Soos jy deur die winkelrye stap, volg jou trollie jou terwyl jy na hartelus jou inkopies inpak. Jy kan dan die trollie na die kasregiste­r stuur om vir jou aankope te betaal. Terwyl jy die ry vryspring, kan jy nog deur die winkel stap of ’n koppie koffie in die winkel geniet.

Nog ’n neiging van aanlynwink­els is om munt te slaan uit mense se behoefte aan gerief.

“Die idee is om die winkel so na as moontlik aan verbruiker­s te bring, hetsy deur winkelrakk­e in kantore of by die trappe in woonstelge­boue beskikbaar te stel. Daar is reeds 20 000 sulke rakke in 10 Chinese stede. Dit werk amper soos ’n muntoutoma­at, maar jy gebruik ’n selfoontoe­passing om daarvoor te betaal, nie kontant nie,” sê Yang.

Volgens hom werk die winkels dikwels ook saam met tradisione­le supermarkt­e, wat beteken kleinhande­l in sy geheel word bevorder.

“Ons moet net besef alles is nog baie nuut en daar is baie eksperimen­te. Sommige gaan werk, ander gaan misluk. Maar ons kan ons gereed maak vir groot beleggings in die sektor omdat vars kos mense herhaaldel­ik terugbring winkels toe.”

BOORDBESOE­KERS

“Verwag om mense van Alibaba en dies meer in jou boorde te sien, want almal soek voortduren­d na die volgende groot ‘vonds’. Hulle ding mee met mekaar en met tradisione­le kleinhande­laars en soek alewig na nisprodukt­e om te bemark en te versprei. Dikwels sal hulle ook eksklusiew­e regte vir dié produkte versoek. Verskaffer­s en boere moet dus seker maak hul produkte is uniek sodat dit kan uitstaan tussen al die ander produkte,” was Yang se raad aan produsente.

‘Verwag om mense van Alibaba en dies meer in jou boorde te sien, want almal soek voortduren­d na die volgende groot ‘vonds’.’

 ?? FOTO: MONEY.CNN.COM ?? Om inkopies te doen by Hema, een van die winkels waarin die Chinese e-handelaar Alibaba belê het, moet jy ’n selfoontoe­passing aflaai en daarmee betaal.
FOTO: MONEY.CNN.COM Om inkopies te doen by Hema, een van die winkels waarin die Chinese e-handelaar Alibaba belê het, moet jy ’n selfoontoe­passing aflaai en daarmee betaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa