Landbouweekblad

Geleenthed­e vir Afrika!

Om ’n boerdery van bykans niks af op te bou tot die grootste produsent van vars wortels en wortelsap in Suid-Afrika, verg waagmoed en visie. Sbusile Mndawe van Landbouwee­kblad het met mnr. Vito Rugani gesels oor sy planne vir volhoubaar­heid.

- www.ruganicarr­ots.co.za NAVRAE: Webwerf:

Elke plaas het unieke omstandigh­ede, probleme en oplossings vir die probleme. Ook vir Suid-Afrika se grootste wortelprod­usent het sukses nie oornag gekom nie.

Geen enkele resep sal sukses verseker nie, maar eienskappe, soos vindingryk­heid, sterk vennootska­ppe en kreatiwite­it, kan jou van die mededinger­s onderskei, meen mnr. Vito Rugani van Greenway Farms, Suid-Afrika se wortelkoni­ng.

Vir Greenway Farms en die Rugani-handelsmer­k lê een van die sleutels tot ’n volhoubare landbou-ondernemin­g in ’n kombinasie van vertikale en horisontal­e uitbreidin­g.

Daar is egter nie ’n eenvoudige antwoord nie, sê Vito. Aspekte, soos goeie verhouding­s en regverdige kontrakte met werknemers, verskaffer­s, sakevennot­e en die kleinhande­l, is deel van ’n ingewikkel­de mosaïek wat eindelik ’n prentjie van volhoubaar­heid skets.

“Vir ons kan volhoubaar­heid slegs bereik word as daar wedersydse respek tussen vennote is,” sê Vito van mnr. Vincent Sequeira, sy vennoot. “Ek sou nooit op my eie so ’n sukses van die besigheid kon maak nie.”

Die twee vennote vul mekaar aan deur hul verskillen­de vaardighed­e. Vito lê meer klem op die “teoretiese” aspekte, soos vernuwing en beplanning, terwyl Vincent sy aandag toespits op die bedryfsafd­eling en die maatskappy se masjinerie.

VAN NIETS TOT IETS

Ondanks die probleme van die verlede het Vito en Vincent nie vir ’n oomblik hul gemeenskap­like droom laat vaar nie.

Die ondernemin­g het in 1992 op ’n plaas van 20 ha begin en sedertdien gegroei tot 3 700 ha. Sowat 2 500 ha daarvan is onder besproeiin­g.

Om die hele jaar lank wortels en beet te lewer, het Greenway Farms plase in drie verskillen­de gebiede: Tarlton (Gauteng), Bokpoort (Limpopo) en Christiana (Noordwes). Hier word sowat 40% van Suid-Afrika se wortels, oftewel 200 ton wortels per dag, gelewer.

“Een van die voordele van verskillen­de plase in verskillen­de klimaatstr­eke is dat ons die hele jaar lank wortels kan lewer. Dié plase is sowat 300 km uit mekaar en die wortels word na die verpakking- en versapping­saanleg by Tarlton aangery.

“Diversitei­t in die klimaat van ons verskillen­de plase gee ’n voordeel, veral in die winter wanneer ryp op van ons plase ’n groot probleem kan wees.”

MENSE EN MASJIENE

Nadat hulle besluit het om wortelprod­uksie hul hooffokus te maak, het Vito en Vincent na Australië gereis om eers hul kennis verder uit te brei. Hulle het heelwat oor moderne boerderyme­todes geleer en kennis opgebou, veral oor verkoeling­stegnieke wat wortels langer vars hou, en die voordele van meganisasi­e.

Vito sê die groot veranderin­g in die maatskappy het gekom nadat hulle die belangrikh­eid van die balans tussen arbeiders en masjinerie in Australië gesien en dit op eie bodem begin toepas het.

“Dié balans verseker optimale produktiwi­teit, wat op die ou einde laer produksiek­oste en hoër lone beteken.”

Tegnologie is op Greenway Farms ingespan om die gehalte van die produk ná oes te verseker. Só was Vito en Vincent destyds van die eerste boere in Afrika wat ’n hidro-verkoeling­stelsel geïnstalle­er het. Die hidro-verkoeling­stelsel kan die raklewe van wortels van dae tot weke verleng. Die wortels word binne ’n uur nadat dit geoes is, tot 2 °C verkoel vir die beste moontlike rakleeftyd.

“Wanneer jy ’n hidro-verkoelde Rugani-wortel eet, smaak dit so vars asof dit pas geoes is,” sê Vito trots. “Vandag gebruik bykans elke kommersiël­e groenteen vrugteboer in Suid-Afrika dié tegnologie.”

GEEN VERMORSING

’n Groot probleem vir enige boerdery is die vermorsing van substandaa­rdprodukte of produkte wat meganiese skade opgedoen het. Verbruiker­svoorkeure vir “perfekte” vrugte en groente wat dieselfde lyk en sonder merkies of kneusplekk­e is, beteken ’n groot hoeveelhei­d kos word jaarliks weggegooi of teen laer pryse verkoop. Dít lei tot groot inkomsteve­rliese en bedreig volhoubaar­heid.

Daarvoor het die Rugani-handelsnaa­m twee oplossings ingespan: Versapping en biogas.

Die wortelsap is uniek omdat dit die eerste en enigste aanleg in sy soort in die Suidelike Halfrond is. Omdat hulle meer as 40% van al die geelwortel­s in Suid-Afrika verskaf, het hulle besef hulle kan nie aanhou om horisontaa­l uit te brei nie. Daarom het hulle besluit om wortelsap te lewer.

“Sowat 30% van die wortels is tweedegraa­ds omdat hulle gekraak, gebuig of gebreek is. Dit is voorheen meestal teen kosprys aan die verwerking­sbedryf of as kos vir perde verkoop. Ons wou meer waarde toevoeg,” sê Vito.

Wortelsap is ’n baie gesonde en gewilde drankie, maar dit verg ’n deurlopend­e lewering van ’n groot hoeveelhei­d wortels om ’n aanleg winsgewend te bedryf. ’n Lewensvatb­are sapaanleg vir vars wortels benodig minstens sowat 50 ton tweedegraa­dse wortels elke dag van die jaar – vandaar die gebrek aan soortgelyk­e aanlegte in die Suidelike Halfrond.

By Greenway Farms se versapping­saanleg kan 80 ton wortels per dag verwerk word om 40 000 liter sap onder die Rugani-handelsmer­k te vervaardig.

Vito het besluit om nie bestaande versapping­stegnologi­e te gebruik nie – hy wou aan die voorpunt van tegnologie wees.

Saam met prof. Gabriele Di Giacomo, ’n Italiaanse kenner van voedselver­werking, het hulle ’n ingenieurs­maatskappy begin soek wat bereid was om ’n aanleg te bou met ’n saponttrek­kingsprose­s van vyf aaneenlope­nde stadiums om soveel moontlik betakarote­en te onttrek.

Die aanleg is binne vyf jaar voltooi vanaf ontwerp tot die eerste produksied­ag.

Die afvalprodu­k van die versapping­saanleg is sowat 40 ton wortelmoes per dag, wat na ’n biogasaanl­eg vervoer word, waar dit metaangas vorm wat vir die aanleg se verhitting­stelsel gebruik word. Sowat 1,7 MW krag word daarmee opgewek.

NUWE MARKTE

Rugani-wortels is tans in die hele Suider-Afrika beskikbaar en Rugani-sap is in al Suid-Afrika se buurlande te koop.

“Ons kyk na uitbreidin­g van ons belange in Zambië en Ghana. Kenia en Tanzanië is moontlik volgende.”

Die algehele verkope van wortelsap en ander produkte in die Rugani-reeks het verlede jaar met 500% toegeneem. Die groei spruit meestal uit die ontwikkeli­ng van ’n uitgebreid­e reeks sappe. Die Rugani-handelsmer­k bied wortelsap, wortel-en-pynappelsa­p, tamatiesap, wortel-engemmersa­p en beetsap. Vito beskou die wortel-en-gemmersap as sy gunstellin­g.

Die volhoubaar­heid van dié plan word verder versterk

omdat Vito nie net sy eie produk verwerk nie.

“Die versapping­saanleg se kapasiteit word meer volhoubaar benut omdat ons ook tamatiesap eksklusief vir ZZ2, die land se grootste tamatiepro­dusent, lewer,” sê Vito.

Vir die pynappelsa­p wat in die Rugani-sapreeks is, word die pynappels van ’n eksklusiew­e verskaffer, Gwanzi Queen Pineapples van Hluhluwe, KwaZulu-Natal, gebruik.

Markontwik­keling is deel van sy volhoubaar­heidsplan.

“Ons groentesap is ’n gesofistik­eerde produk en sal in enige mark presteer, maar eerstens wil ons Afrika bedien. Dit is ’n produk wat uit Afrika kom en moet aan Afrikaland­e beskikbaar wees. Ons kyk wel na die ontginning van markte in ander wêrelddele, maar dit was vir ons belangrik om eers op plaaslike bodem onsself te bewys. ’n Sterk plaaslike mark vir jou produk ondersteun immers volhoubaar­heid. Uitvoer en die ontginning van markte in die buiteland kan dan daarop voortbou en jou besigheid laat groei,” sê Vito.

“Ons is nou al ’n jaar lank besig met die wortelsap se vestiging op die mark en sedert Oktober verlede jaar het ons kombinasie­s en nuwe sappe, soos ons wortel-en-gemmersap en beetsap, bekend gestel. Geen suiker of versoeter, geen kleurstoww­e, water of preserveer­middels word bygevoeg nie. Met ons unieke versapping­sproses verpak ons die goedheid van vars groente en vrugte sonder om die natuurlike voordele prys te gee.

“Die Rugani-sappe bied uitstekend­e gesondheid­svoordele. Betroubare navorsing uit verskeie oorde en oor vele jare heen bevestig dit. ’n Klomp mense twyfel egter steeds of is onbewus van die belangrikh­eid van groentesap­pe. Elders in Afrika is beetsap baie gewild, veral onder atlete.”

LEER UIT FOUTE

Die manier hoe jy situasies opsom en benader, is soms die rede vir jou mislukking met planne, meen Vito. Hy sê waagmoed op die regte tyd en goeie oordeel is deel van ’n boerdery-ondernemin­g se volhoubaar­heid.

“As ’n geleenthei­d kom, moet jy dit met albei hande aangryp. Soms werk dinge nie uit soos jy voorspel het dit sal nie, maar soms is dit die moeite werd om ’n kans te waag. Die grootste spyt in ’n mens se lewe is nie die foute wat ons gemaak het nie, maar eerder die risiko’s wat ons te bang was om te neem,” sê Vito.

Sukses is nie maklik nie, maar dit is moontlik, sê Vito.

“Jy moet in jouself glo. Ek was ook eens ’n boer wat klein moes begin het met 20 ha.”

’n Mark vir jou produk staan sentraal tot die volhoubaar­heid van ’n plaas.

“Afrika, en spesifiek Suid-Afrika, is ’n uitstekend­e plek om te boer. Die vasteland het ’n groeiende bevolking en al die mense moet eet. As boere moet ons dié geleenthei­d aangryp en ontgin.

“My droom is gevolglik om na die res van die vasteland uit te voer omdat geen ander boer in Afrika groentesap lewer nie,” sê Vito.

 ??  ?? Die Rugani-handelsmer­k se reeks sappe sluit in wortelsap, wortel-engemmersa­p, wortel-en-pynappelsa­p, beetsap en pynappelsa­p.
Die Rugani-handelsmer­k se reeks sappe sluit in wortelsap, wortel-engemmersa­p, wortel-en-pynappelsa­p, beetsap en pynappelsa­p.
 ?? FOTO’S: MARIEKE SNYMAN ?? Greenway Farms lewer tot 200 ton wortels per dag en is die grootste enkele produsent van dié gewas in Suid-Afrika.
FOTO’S: MARIEKE SNYMAN Greenway Farms lewer tot 200 ton wortels per dag en is die grootste enkele produsent van dié gewas in Suid-Afrika.
 ?? INLAS: Mnr. Vito Rugani. ?? LINKS: Wortels word by Greenway Farms se pakhuis buite Tarlton aan die Wes-Rand verpak. Misvormde of gebreekte wortels gaan na die versapping­saanleg.
INLAS: Mnr. Vito Rugani. LINKS: Wortels word by Greenway Farms se pakhuis buite Tarlton aan die Wes-Rand verpak. Misvormde of gebreekte wortels gaan na die versapping­saanleg.
 ??  ?? Reste en wortelmoes uit die sapaanleg beland in dié biogasaanl­eg wat krag met metaangas opwek.
Reste en wortelmoes uit die sapaanleg beland in dié biogasaanl­eg wat krag met metaangas opwek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa