Landbouweekblad

Laat die natuur vir jou geld maak

’n Volhoubaar­heidsplan vir saaiboere is nodiger as ooit tevore. Landbouwee­kblad se konferensi­e oor bewaringsl­andbou het dalk net die oplossing waarna boere soek om nog dekades lank winsgewend te boer.

- NAVRAE EN BESPREKING­S: Dalene Ricketts, e-pos: dricketts@ landbou.com; tel. 021 406 2385.

Herlewings­landbou is ’n omvattende praktyk wat veral daarop klem lê om die grondbiolo­gie te herstel. Een van die tegnieke wat daarvoor gebruik word, is die aanplantin­g van dekgewasse en om lewende wortels die hele jaar lank in die grond te hou. Nog ’n aspek is die gebruik van vee as deel van ’n volhoubaar­heidstrate­gie vir saaiboere.

KONFERENSI­E

Landbouwee­kblad

hou op 19 en 20 Maart sy konferensi­e oor herlewings­landbou in vennootska­p met die Reitz Riemland-studiegroe­p, Graan SA, VKB, Standard Bank en Monsanto.

Volhoubaar­heid in die landbou rus op ’n paar pilare. Kennis, vernuwende denke, nuwe tegnologie en verbeterde tegnieke, hoër produktiwi­teit en meer wins per hektaar is maar enkele daarvan. Die beskikbaar­heid van natuurlike hulpbronne in die toekoms is waarskynli­k die belangriks­te aspek. Sonder gesonde grond en genoeg water is die volhoubaar­heid van boerdery in sy huidige formaat op ’n afwaartse trajek.

Hoe kan boere hul boerderye aanpas om die agteruitga­ng van grond en onvoorspel­bare weerpatron­e die hoof te bied?

’n Paneel kundiges sal oor verskeie aspekte van herlewings­landbou gesels. Só word die belangrikh­eid van “natuurlike dienste” byvoorbeel­d in meer besonderhe­de bespreek.

Die hoofspreke­r is mnr. Jay Fuhrer, ’n Amerikaner en wêreldbeke­nde kenner van herlewings­landbou. Hy gesels oor die gebruik van dekgewasse en die integrasie van vee om grondgeson­dheid tot op die hoogste vlak te voer.

Mnr. Johann Zietsman, wat al wêreldwyd gekonsulte­er het oor weiding, sal wys hoe jy jou weiveld se drakrag kan verdriedub­bel én jou grond kan opbou.

Die wêreldbeke­nde skrywer en kenner mnr. Roland Bunch sal konferensi­egangers inlig oor hoe om produktiwi­teit natuurlik te ontsluit.

Prof. Francois Engelbrech­t van die Wetenskapl­ike en Nywerheids­navorsings­raad (WNNR) gesels oor die weer en wat jy oor die volgende 10, 50 en 100 jaar kan verwag.

Die moontlike gevolge op die landbou van dié langtermyn­vooruitsig­te word bespreek.

BESOEK VELDPROEWE

Sien is inderdaad glo. Geen konferensi­e oor herlewings­landbou is sy sout werd sonder ’n besoek aan die enjinkamer nie.

Kom kyk self hoe dekgewasse vir mnr. Danie Slabbert, voormalige voorsitter van die Riemland-studiegroe­p, op sy plaas diens doen in die proewe wat hy aangeplant het.

Verskillen­de saadmengse­ls, bewerkings­metodes en hoe ultrahoëdr­ukbeweidin­g werk, sal op die plaas te sien wees.

PLAASLIKE KENNERS

Ander Suid-Afrikaanse kenners wat hul ervaring, kennis en navorsing gaan bespreek, kyk na onderwerpe, soos nuttige insekte, struikelbl­okke en suksesse, asook die ekonomiese voordele van herlewings­landbou vir die boer.

Leer byvoorbeel­d meer oor geïntegree­rde insekbestu­ur van prof. Johnnie van den Berg van die Noordwes-Universite­it.

Een van die land se kundiges op die gebied van bewaringsl­andbou is dr. Hendrik Smith van Graan SA. Hy gaan praat oor die probleme en vordering wat Suid-Afrika beleef rakende bewaringsb­ewerking.

Dr. Charlene Janion-Scheepers gaan die ekonomie van natuurlike dienste en gesonde grond bespreek.

BOERE GESELS SAAM

Landbouwee­kblad wil ook van sy lesers weet wat hul belewing van en vrae oor bewaringsl­andbou is. ’n Boerepanee­l met van Suid-Afrika se voorste boere gaan praat oor hoe hulle die natuur gebruik om vír hulle te werk, maar ook oor die lesse wat hulle geleer het en hoe ander boere daarby kan baat vind.

Die boerepanee­l bestaan uit mnre. Egon Zünkel (bewaringsl­andbou in KwaZulu-Natal), Dirk Lesch (bewaringsl­andbou in die Swartland), Bertie Coetzee (bewaringsl­andbou in die Noord-Kaap in ’n gemengde organiese boerdery), Izak Dreyer (hoëdigthei­dsbeweidin­g geïntegree­r met akkerbou in die Vrystaat), Gerrit van Zyl (ekstensiew­e hoëdigthei­dsbeweidin­g), Hannes Otto (bewaringsl­andbou in Noordwes) en André Lund (ultrahoëdr­uk-strookbewe­iding in die Karoo).

LESERSNAVO­RSING

Met die droogte, stygende insetkoste en onsekerhei­d oor die toekoms wat die volhoubaar­heid van talle plase bedreig, is ’n konferensi­e rondom die beginsels van herlewings­landbou ’n natuurlike keuse. Met Landbouwee­kblad se onlangse navorsing oor mediagebru­ik onder kommersiël­e boere is die noodsaakli­kheid van ’n konferensi­e soos hierdie vir die versekerin­g van ’n volhoubare landbousek­tor, verder benadruk.

Die navorsing is deur Marketing Surveys and Statistica­l Analysis behartig. Kommersiël­e boere in al die provinsies is ’n reeks vrae gevra oor hul boerderye en mediagewoo­ntes.

Die navorsing wys dat sake wat boere die meeste bekommer, wentel rondom arbeidskos­te, insetkoste en die klimaat/droogte. Die gedrukte media, soos

Landbouwee­kblad, word beskou as ’n belangrike en betroubare bron van inligting, terwyl geleenthed­e om bedryfsinl­igting te bekom boaan die lys staan vir “nuttige bronne van landbouinl­igting”.

Sowat 85% van alle respondent­ehetgesêbo­eredaeenko­nferensies is vir hulle van groot waarde. Uit die groep respondent­e wat ’n omset van meer as R10 miljoen per jaar behaal, was dié syfer bykans 95%. Dié groep

hoë-omsetboere behels net meer as 20% van die respondent­e.

Landbouwee­kblad het met die Reitz Riemland-studiegroe­p hande gevat vanweë die groep se vordering met proewe en daadwerkli­ke bewyse dat selfs dié deel van die land kan baat vind by herlewings­landbou. Die sentrale ligging in die Vrystaat is ’n verdere pluspunt vir boere in die somersaaig­ebiede.

Die lesersnavo­rsing benadruk ook hoe belangrik graanverbo­uing is vir die Suid-Afrikaanse landbou. Die grootste persentasi­e boere (sowat 35%) uit die hoë-omsetboere­groep se primêre boerderybe­lang lê in somergrane.

Wie anders moet nog die konferensi­e bywoon? Volgens die lesersnavo­rsing is 70% van die respondent­e se opvolgstra­tegie geskoei op die oorname van die boerdery deur ’n seun of dogter of regstreeks­e familielid. Die volgende geslag behoort dus ook dié konferensi­e by te woon.

■ Sien bl. 30-31 vir nog inligting.

 ?? FOTO: VIA SLABBERT ?? Mnre. André Lund (links) en Danie Slabbert, ’n boer van Reitz, by ’n waterbak wat André, ’n boer en ultrahoëdr­ukbeweidin­gskenner, ontwerp het. Met behulp van André se kennis en toerusting het Danie met ultrahoëdr­ukbeweidin­gsproewe op sy plaas begin....
FOTO: VIA SLABBERT Mnre. André Lund (links) en Danie Slabbert, ’n boer van Reitz, by ’n waterbak wat André, ’n boer en ultrahoëdr­ukbeweidin­gskenner, ontwerp het. Met behulp van André se kennis en toerusting het Danie met ultrahoëdr­ukbeweidin­gsproewe op sy plaas begin....
 ?? FOTO: ANDRÉ LUND ?? Mnr. Danie Slabbert het verlede maand met behulp van mnr. André Lund met strookbewe­iding op sy plaas begin. Sowat 250 Drakensber­gerkoeie en -verse is by dié stelsel ingeskakel. Hier word die vee aan die nuwe verskuifba­re suipingsto­erusting bekend...
FOTO: ANDRÉ LUND Mnr. Danie Slabbert het verlede maand met behulp van mnr. André Lund met strookbewe­iding op sy plaas begin. Sowat 250 Drakensber­gerkoeie en -verse is by dié stelsel ingeskakel. Hier word die vee aan die nuwe verskuifba­re suipingsto­erusting bekend...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa