Landbouweekblad

Nuwe naam, nuwe begin

AgChem se reeks landbouche­miese produkte, waarop boere al 20 jaar staatmaak, trek nou ’n nuwe baadjie aan. Landbouwee­kblad was by die bekendstel­ling van die nuwe Rolfes Agri-handelsnaa­m.

- NAVRAE: www.rolfesagri.co.za

Geen ondernemin­g of boerdery kan volhoubaar wees sonder aanpassing en vernuwing nie. Gevolglik het die landbouche­miese vervaardig­er AgChem die nuwe jaar begin met ’n nuwe naam én nuwe verpakking vir sy produkte. Dit is nou bekend as Rolfes Agri.

Die maatskappy spits hom toe op die ontwikkeli­ng van reekse produkte wat by verskillen­de boerderypr­aktyke inpas. Heel gepas is die maatskappy se leuse formulatin­g sustainabl­e growth.

“Ons vervaardig al geruime tyd nie meer nét landbouche­mikalieë nie, maar ook produkte wat aan die sogenoemde ‘biologiese’ en ‘organiese’ beskrywing voldoen,” het mnr. Gerrit Badenhorst, besturende direkteur, tydens Rolfes Agri se bekendstel­ling gesê.

Die maatskappy se mikpunt is om gewasprodu­ksie met ’n volhoubaar­heidsvisie moontlik te maak. Daarom kyk Rolfes Agri se span gereeld na die ontwikkeli­ng van nuwe, doeltreffe­nde produkte wat ook by die natuur kan inskakel.

Staatmaker­produkte, soos Moer-Tu Super, K-Sil, Muscle-up, Power-Up en Ecklomax, is steeds deel van die aanbod, maar met splinternu­we verpakking.

“Verbruiker­s sal dadelik kan sien watter produkte van Rolfes Agri is en watter nie. Ons verpakking is nou baie eenvormige­r en pas mooi in by ons visie van ’n nuwe era by die maatskappy.”

Boere wat weet van klein be- gin en harde werk om sukses te behaal, sal aanklank vind by AgChem en Rolfes Agri se verhaal.

Die maatskappy het in 1998 met net ’n paar tenks chemikalie­ë begin. Die vervaardig­ing en produkontw­ikkeling het gou gegroei totdat die maatskappy se vervaardig­ingsaanleg in Waltloo, Pretoria, nou tot 1,2 miljoen liter (of kilogram) se produkte per maand vervaardig, verpak en verskeep.

Die gebruik van tegnologie en ’n belegging in opleiding en kundige personeel het bygedra tot die groei van AgChem en sy reeks produkte.

Rolfes – ’n maatskappy wat op die JSE genoteer is – het die waarde en gehalte van AgChem se spesialisp­rodukte raakgesien en in 2013 ’n 70%-aandeel in die maatskappy bekom. In 2015 het Rolfes die oorblywend­e 30%-aandeel bekom.

Met die ondersteun­ing en kundigheid­snetwerk van die Rolfes-groep kan die maatskappy makliker nuwe formulasie­s ontwikkel of bestaande reekse produkte verbeter. Die maatskappy besit 278 plaaslike produkregi­strasies en 70 internasio­nale registrasi­es, wat wissel van slakdoder tot voedingspr­odukte.

Rolfes Agri vervaardig onder meer produkte vir gebruik by mielies en sojabone.

Groente- en vrugteboer­e word ook nie afgeskeep nie en middels vir gewasbeske­rming by uie, aartappels, avokado’s, mango’s, druiwe, sitrus, neute en steenvrugt­e is ook beskikbaar.

Danksy die samewerkin­g met plaaslike verspreide­rs, soos BayAgro, Inteligro, Nexus, Farmers Agri-Care en Laeveld Agrochem, kan Rolfes Agri landwyd produkte lewer. Die maatskappy het ook ’n nuwe selfoontoe­passing, Facebook-blad en webwerf geskep.

 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? AgChem is tot Rolfes Agri herdoop en werknemers, vennote en gaste van die maatskappy het saam feesgevier. Vier personeell­ede van Rolfes Agri is, van links, mnre. Philip Viljoen, Gerrit Badenhorst (besturende direkteur), Rudolph Kruger en Andries Burger.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN AgChem is tot Rolfes Agri herdoop en werknemers, vennote en gaste van die maatskappy het saam feesgevier. Vier personeell­ede van Rolfes Agri is, van links, mnre. Philip Viljoen, Gerrit Badenhorst (besturende direkteur), Rudolph Kruger en Andries Burger.
 ??  ?? Van links is mnr. Nick Liebenberg (Laeveld Agrochem), me. Marian van der Walt (gas) en mnr. Christo van der Walt (Rolfes Agri) wat die bekendstel­ling van Rolfes Agri bygewoon het.
Van links is mnr. Nick Liebenberg (Laeveld Agrochem), me. Marian van der Walt (gas) en mnr. Christo van der Walt (Rolfes Agri) wat die bekendstel­ling van Rolfes Agri bygewoon het.
 ??  ?? Van links is mnre. Gareth Mann (Absolute Science), Ian Mansfield (Laeveld Agrochem) en Tiaan Erasmus (Rolfes Agri).
Van links is mnre. Gareth Mann (Absolute Science), Ian Mansfield (Laeveld Agrochem) en Tiaan Erasmus (Rolfes Agri).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa