Landbouweekblad

Lasagnevel­le

-

Gebruik ’n koekroller of ’n pastamasji­en en rol die pastadeeg so dun as moontlik en egalig uit. Sny die uitgerolde pasta in ewe groot stukke. Laat dit vir ’n paar minute effens droog word op ’n meelbestro­oide oppervlak voor die pasta vir lasagne gebruik word.

Lasagne met spek, sampioene en spinasie

Dié is een van die lekkerste kombinasie­s vir ’n gebakte pasta. Rokerige varkspek en romerige spinasie is perfekte pas(ta)maats.

1 pak (250 g) spekvleis, fyn gesnipper 30 ml botter 1 ui, fyn gekap 1 knoffelhui­sie, fyn gekap 250 g gesnipperd­e sampioene, fyn gekap Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 750 ml geroomde spinasie 1 blik (410 g) tamatiepur­ee of gekapte tamaties 12 vars lasagnevel­le (van ongeveer 15 x 10 cm elk) 100 ml room 180 ml gerasperde cheddarkaa­s 100 ml gekrummeld­e fetakaas Gekapte, vars pietersiel­ie

Voorverhit die oond tot 180 °C. Braai die spekvleis in ’n groot pan tot halfgaar. Voeg die botter, ui en knoffel by en braai verder tot die ui sag is. Voeg die fyngekapte sampioene by en braai tot gaar. Geur met sout en peper. Voeg die geroomde spinasie by, verhit tot kookpunt en prut vir ’n paar minute tot geurig.

Skep ’n paar lepels tamatiepur­ee in ’n oondbak en smeer dit egalig oor die basis van die bak. Pak drie lasagnevel­le langs mekaar in die bak. Skep ’n lagie van die spek-en-spinasieme­ngsel bo-op en bedek met ’n laag lasagnevel­le. Smeer weer ’n lagie tamatiepur­ee bo-op, gevolg deur nog ’n laag spek-en-spinasie en lasagnevel­le. Herhaal die proses nog een keer en eindig met ’n laag lasagnevel­le. Drup die room egalig oor die bokant van die pasta en sprinkel die kaas oor.

Bak die lasagne vir 30-40 minute, tot goudbruin en deurgaar. Sprinkel die pietersiel­ie oor net voor jy dit voorsit. Lewer 9 groot porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa