Landbouweekblad

128,4%

-

Die prys van uie was in die eerste week van Februarie 128,4% hoër as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar, volgens FNB. Die aanbod van uie het in die voorafgaan­de week met 11,8% gedaal. Verkope was 2,2% hoër as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. “Die versterkin­g van uiepryse kan op mediumterm­yn voortduur weens die kleiner voorraad, wat ’n gevolg is van die droogte in die Wes-Kaap,” sê mnr. Paul Makube, landbou-ekonoom. – Alani Janeke

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa