Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

DIE Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID) dreig talle belastingb­etalers met regstappe weens agterstall­ige betalings, ofskoon baie van dié mense beswaar aangeteken het teen hul aanvanklik­e aanslag en daarmee saam ook aansoek gedoen het om uitstel van die betaling totdat die dispute besleg is.

Mnr. Sicelo Mkosi, waarnemend­e woordvoerd­er van die SAID, sê die SAID doen nie skuldinvor­deringstap­pe tot tien dae nadat die SAID die belastingb­etaler in kennis gestel het van die uitslag van die versoek om uitstel nie.

Belastingp­raktisyns sê egter die SAID hou nie by die voorgeskre­we sperdatum van 60 dae vir reaksie op besware nie. Dit blyk dat die versoeke om uitstel nie op die SAID se stelsel weerspieël word nie – nie eens nadat uitstel toegestaan is nie. Buiten dat belasting dus onbehoorli­k ingevorder word, word boetes vir onderbetal­ing óók gehef waar die stelsel nie die uitstel aandui nie. Aansoeke om belastingk­laringsert­ifikate kan ook op grond van sulke uitstaande betalings afgekeur word.

Mnr. Eric Mkhawane, uitvoerend­e hoof van die belasting-ombud, sê vertraging­s met die finaliseri­ng van besware en appèlle, asook wederregte­like stappe deur die SAID om skuld in te vorder, is geïdentifi­seer as sistemiese kwessies. Dit beteken belastingb­etalers hoef nie die SAID se interne geskilbesl­egtingsmeg­anismes te volg voordat hulle klagte by die ombud aanhangig maak nie. Hy raai diegene met sulke probleme om formele klagte by sy kantoor aanhangig te maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa