Landbouweekblad

OPE BRIEF AAN MNR. CYRIL RAMAPHOSA

- PETRUS ROUX Villiersdo­rp

Geagte mnr. Ramaphosa, ek wil u eerstens gelukwens met u verkiesing as leier van die ANC en u baie sterkte toewens vir die pad vorentoe. Alle Suid-Afrikaners se hoop vir die toekoms is grootliks op u gevestig. Mag u die genade en wysheid ontvang om daaraan te voldoen.

U het dadelik uitsprake gemaak oor grondhervo­rming en dat grond sonder vergoeding onteien gaan word. My vraag is: Waarom?

Daar is so baie grond in die land wat aan die staat en konings en hoofmanne behoort wat nie benut word nie of baie swak benut word. Hoekom nie daardie grond eers behoorlik benut nie? Daar is nie nog grond vir hervorming nodig nie. Neem net al die onbenutte grond, gee dit met kaart en transport aan die grondhonge­r mense en gebruik die geld wat vir grondhervo­rming begroot is vir opleiding en geldelike ondersteun­ing aan die nuwe eienaars van die grond.

Dink net hoe ’n lekker hupstoot dit vir die landmeters en hul assistant-opmeters sal wees om al die nuwe plase en kleinhoewe­s van kaart en transport te voorsien.

Die land kan ook baat vind by nog landboukol­leges – veel meer as om nog grond te vat.

Mnr. Ramaphosa, Suid-Afrika het veel groter probleme as grondhervo­rming wat u dringende aandag verg. Dankie dat optrede teen staatskapi­ng en korrupsie nou hoog op die agenda is. Dit is verblydend dat u wil hê dit moet dringend ondersoek word en dat die Valke en die polisie toegelaat word om hul werk te doen.

Dieselfde sal dringend met dienslewer­ing moet gebeur – nie net op plaaslike vlak nie, maar op alle departemen­tele vlakke. Daar sal dringend van onbekwame en lui amptenare (kaders) ontslae geraak moet word. Goeie en bekwame mense (ongeag hul kleur) moet in hul plek aangestel word, anders sal onherstelb­are skade aan die land gedoen word.

Meneer, daar is ook ’n skrikwekke­nde neiging in Suid-Afrika, en dit is dat mense toegelaat word om die verskillen­de rassegroep­e in die land uit mekaar te dryf en sodoende rassehaat bevorder. Mnr. Julius Malema en sy trawante, asook sommige ander plakkaatdr­aers, sal van Regeringsk­ant af vasgevat moet word. Hulle sal daarvan weerhou moet word om met mooi praatjies hul optrede teen mede-Afrikane te regverdig, maar dan vertel hul plakkate ’n ander storie.

U en u leierskorp het aangekondi­g dat vanjaar Mandela-jaar gaan wees. Mnr. Nelson Mandela het vir versoening in die land gestaan, maar met bogenoemde optrede deur betogers sal dit ’n mite bly en sal Suid-Afrika nooit suksesvol wees nie.

Wanneer gaan u party en die mense van die land besef dat die land nooit tot sy reg sal kom as hulle nie begin saamstaan en elke mens toegelaat word om tot sy volle potensiaal te ontwikkel en hom of haar uit te leef nie?

Nog ’n belangrike aspek wat nie geïgnoreer kan word nie, is die feit dat die land se bevolking uit elf verskillen­de volke saamgestel is, elkeen met sy eie kultuur. As elkeen se kultuur nie deur die ander erken en gerespekte­er word nie, sal daar ook nooit rus en vrede wees nie.

Dit geld ook elke volk se taal. Hoekom word mense toegelaat

om Afrikaanss­prekendes te verhoed om hul eie skole te hê? Dit is mos nie in die gees van Mandela nie.

Mnr. Ramaphosa, het dit nie tyd geword dat ons almal moet ophou om met begerige oë te kyk na wat die ander in Suid-Afrika besit nie? Kom ons kyk liewer na onsself, watter geleenthed­e daar vir ons is en wat ons kan doen om ons lewensomst­andighede te verbeter. Daar sal altyd ryk en arm mense wees. Hoe gouer mense dit aanvaar, hoe beter, maar almal kry tog geleenthed­e in die lewe.

Die sleutel tot sukses is eerlikheid en deeglike beplanning (ek is seker u weet dit). Om die land reg te ruk, sal baie beplanning verg. U het die regte mense daarvoor nodig. Mag u hulle vind.

Voorspoed en mag al u ideale vir ’n voorspoedi­ge Suid-Afrika waar word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa