Landbouweekblad

‘FOUT’ SNY PLASE AF VAN BUITEWÊREL­D

- — ALANI JANEKE en FREDALETTE UYS

AGRI SA het verlede week dringende samespreki­ngs met Telkom en een van sy diensversk­affers, Open Serve, belê nadat talle boere in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap se telefoonly­ne die afgelope paar weke afgesny is.

Talle boere in dié streke het kennisgewi­ngs ontvang dat Telkom hul landlyndie­nste gaan opskort. Volgens mnr. Henk van Wyk, voorsitter van Agri Noord-Kaap, is sowat 70 boere van Garies se landlyne vroeg verlede week afgesny sonder dat hulle enige kennisgewi­ng ontvang het.

Dr. Requier Wait, hoof van ekonomie en handel by Agri SA, sê volgens Open Serve het ’n fout op die stelsel daartoe gelei dat dié landlyne afgesny is. Die fout is reggestel.

Van Wyk en mnr. Doug Stern, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê talle boere in hul provinsies, asook boere in die Wes-Kaap, het al kennisgewi­ngs ontvang dat dié dienste opgeskort gaan word. Sommige boere in die Oos-Kaap se landlyne is ook al afgesny, maar ná ingryping deur Agri Oos-Kaap is dit weer aangeskake­l.

RISIKO

“Dit is ’n veiligheid­srisiko, veral met swak selfoonsei­ne,” sê Stern.

“Hoe moet jy kommunikee­r tydens ’n krisis as jou diens sonder kennisgewi­ng afgesny word of sonder dat ’n alternatie­f bestaan?”

Die alternatie­we diens wat aan dié boere gebied word, is toegang tot ’n lyn op ’n telefoon met ’n selfoonsim­kaart teen dieselfde koste as die landlyn. Die gebruikers moet egter ’n goeie MTN- of Telkom-selfoonsei­n hê.

Boere by Murraysbur­g in die Wes-Kaap sê redes wat aan hulle gegee is vir die opskorting van die dienste maak nie vir hulle sin nie.

Mnr. Kotie van den Berg van die plaas Beeldhouer­sfontein sê die alternatie­we diens is weens die gebrek aan ’n selfoonsei­n nie vir alle boere werkbaar nie.

“Ek skat by Murraysbur­g het slegs die helfte van die plase ’n behoorlike selfoonsei­n.”

EIE GENADE

Van den Berg sê boere is aan hul eie genade oorgelaat as hulle nie geld wil bestee aan ’n satellietf­oon of nie ’n sterk genoeg selfoonsei­n het nie.

“Dit is asof Telkom sy skouers optrek en nie moeite wil doen om jou te help nie. Ons wil ons interneten telefoonly­ne op verskillen­de lyne hê sodat ons alternatie­we het as die een foutief is. Die infastrukt­uur wat ons tans vir internetdi­enste gebruik, is uiters kwesbaar vir weerlig en uiterste weerstoest­ande.”

Hy sê kommunikas­ie vanaf Telkom is swak. Klagtes word nie beantwoord nie. Party boere kry kennisgewi­ngs, terwyl ander geen kommunikas­ie ontvang nie.

Mnr. Cecil Uys van Heidelberg in die Wes-Kaap sê in dele van dié gebied is lyne verlede jaar al opgerol, terwyl talle boere al maande wag op die satellietf­one wat glo geïnstalle­er sou word om die landlyne te vervang.

Wait sê Agri SA het boere se griewe aan Telkom en Open Serve oorgedra en gesprekke duur voort. Hy versoek boere met soortgelyk­e probleme om dit by hul plaaslike boereveren­iging aan te meld sodat dit na Agri SA verwys kan word. Agri SA ondersoek ook ander opsies vir boere.

‘Dit is asof Telkom sy skouers optrek en nie moeite wil doen om jou te help nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa