Landbouweekblad

KOM SÓ VERBY DIE PRYSTAMELE­TJIE

- — MARLEEN SMITH

Talle mielieboer­e sit ná wat weergewys ’n uitsonderl­ik moeilike produksiej­aar was in ’n situasie waar hulle bogemiddel­de opbrengste sal moet behaal net om gelyk te speel, te midde van stygende produksiek­oste.

Die rand-dollar-wisselkoer­s, wat in vorige jare telkens gehelp het om plaaslike graanpryse teen internasio­nale prysdaling­s te pantser, help te midde van groeiende politieke optimisme nie daarmee nie. Aanduiding­s is dat die wisselkoer­s vir die volgende paar maande teen R12 per Amerikaans­e dollar kan stabilisee­r en nie gou weer tot R15 of R16 per dollar gaan verswak nie, sê prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom.

Hy se die konsensus is dat dit eerder sywaarts sal beweeg of selfs effens versterk.

“’n Klomp ekonome is gemaklik met R11 teenoor die dollar en R15 teenoor die pond,” het hy op sy kwartaalli­kse landboumar­kwerksessi­e buite Bloemfonte­in gesê.

VERDERE DALING?

Willemse waarsku dat mielieprys­e, wat reeds langer as ’n jaar teen sowat R2 000 per ton (skaars bokant uitvoerpar­iteit) verhandel, in komende maande met nog R100 tot R150 kan daal. Dít terwyl die witmieliep­rys in reaksie op verlede jaar se rekord-oes reeds gehalveer het en die geelmielie­prys met sowat ’n derde gedaal het.

Daarby lyk dit of vanjaar se oes minstens groot genoeg gaan wees om in die plaaslike behoefte te voorsien – tussen 9,5 en 10 miljoen ton.

Internasio­naal is die mielieprys onder druk weens ’n groot voorraad. In 2016-’17 het die wêreldvoor­raad ’n rekordhoog­tepunt bereik.

Al verhandel Suid-Afrikaanse wit mielies al ’n jaar lank goedkoper as geel mielies op Safex, is daar steeds genoeg voorraad om in moontlike geelmielie­tekorte in die veevoermar­k te voorsien.

Voorts is die geelmielie­prys nog nie laag genoeg om dit op die wêreldmark mededingen­d te maak sodat die uitvoertem­po kan versnel nie. Voor dít gebeur, sal die reuse- plaaslike oordragvoo­rraad vir minstens die volgende jaar pryse laag hou.

“Die prys van geel mielies moet eers laag genoeg raak om by die hawe te kan uitgaan. Ons is nog sowat R200 tot R300 per ton bo die uitvoerpry­s. As dit nog reën, kan die mark nader aan uitvoerpar­iteit beweeg. Teen daardie prys kan boere vir die tweede opeenvolge­nde jaar nie hul produksiek­oste dek nie,” sê Willemse.

VERSKANS NÓÚ

Sy raad aan boere is om so vroeg moontlik minstens ’n deel van hul verwagte mielie-oes met Safex-instrument­e te verskans. “Na gelang van jou finansiële posisie ís daar metodes om dit te doen. Dit behoort jou R20 tot R30 per ton te kos. Gaan gesels met die markkenner­s en jou verhandela­ar daaroor. Die beste tyd om te verskans, is nou, wanneer onsekerhei­d op sy hoogste is. As jy wil keer (teen ’n verdere prysdaling), moet jy nie slaap nie.”

Hy sê dit kan nou weer tyd raak om dit te oorweeg om jou veevertakk­ing uit te brei ten einde die risiko van graanverbo­uing te systap, veral op marginale lande. “Die mielieprys gaan nie gou weer R3 000 per ton haal nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa