Landbouweekblad

NUUTSTE NAVORSING OOR BONTEBOKKE BESPREEK

-

BONTEBOKBO­ERE het op die eerste Aldam-wildskool die geleenthei­d om op die hoogte te kom van die heel nuutste navorsing oor dié gesogte diersoort. Dit sal ’n werksessie deur mnr. Deon Furstenbur­g wees, wat aan die voorpunt staan van navorsing oor dié gesogte bokke.

Volgens mnr. Francoaise Schutte, eienaar van die Mbogo-wildboerde­ry by Theunissen en mede-aanbieder van die wildskool, het Furstenbur­g, ’n bioloog, konsultant en direkteur van Geo Wild Consult, in 2016 ’n omvattende studie oor die bontebok-vraagstuk onderneem. Dit is op aandrang van Wildbedryf Suid-Afrika se bontebokad­vieskomite­e gedoen. Hy sal van sy resultate daar bespreek.

Furstenbur­g het in sy studie die toeëiening van die Wes-Kaapse renosterve­ldhabitat as die oorsprong en natuurlike habitat van die bontebok in twyfel getrek. Volgens wetenskapl­ike aanduiding­s het die bontebok waarskynli­k nie in die huidige, bedreigde renosterve­ld ontstaan nie, maar eerder taamlik onlangs (sowat 6 000 jaar gelede) daar vasgevang geraak.

Die studie het ’n holistiese, interdissi­plinêre benadering gevolg waarvolgen­s spesifiek na die dinamika van geografies­e landvormin­g en seevlakke gekyk is.

HUIWERIG

Furstenbur­g sê die owerhede het egter baie teësinnig aan dié bevinding gebyt. ’n Werksessie is in November 2016 in Kaapstad saam met Sanparke gehou om ’n nasionale bontebok-biodiversi­teitsbestu­ursplan te finaliseer. Die advieskomi­tee is egter nie die geleenthei­d gegun om wetenskapl­ike bydraes te lewer nie. Verdere verwikkeli­nge op owerheidsv­lak was eweneens onbevredig­end vir bontebokte­lers.

Wildboere wat met hierdie wildsoort teel, kry die kans om tydens die vergaderin­g op 14 Maart op die hoogte van die jongste verwikkeli­nge te kom.

NAVRAE: Me. Charmaine Alberts, e-pos: palberts@telkomsa.net of tel. 051 821 1783.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa