Landbouweekblad

VERDIENSTE STYG, MAAR UITVOER KORT AANDAG

-

PRODUSENTE­PRYSE vir Suid-Afrika se beesboere het die afgelope jaar met 24% toegeneem, dié van speenkalwe­rs met 65% en skaapvleis se pryse met 31%.

Mnr. James Faber, eerste ondervoors­itter van die nasionale Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO), het dié inligting op ’n gesamentli­ke streekverg­adering van die RPO en die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV) op Dundee oorgedra.

Vergaderin­gs is ook op Lüneburg, Estcourt, Underberg en Cedarville gehou.

Faber het gesê die Suid-Afrikaanse rooivleisb­edryf het die afgelope jaar ’n omset van R77,9 miljard bereik. Die laaste vyf jaar het die getal beeste wat geslag word, elke keer gestyg; van 2 294 241 in 2012 tot 2 977 804 in 2016, toe die totale waarde van geslagte diere R60 miljard bereik het. Dit het bestaan uit R44 miljard se rooivleis, R1 miljard se afvalle en R1 miljard se huide in die formele sektor, asook vleis, afvalle en huide ter waarde van R14 miljard wat in die informele sektor verhandel is.

KLEINVEE

Verhandeli­ng van skaapvleis, afvalle en velle het verlede jaar altesaam R13,5 miljard bedra. Dit het gekom van 5 215 000 skape (104 300 ton vleis) ter waarde van R9 miljard wat geslag is, asook afvalle van R300 miljoen en velle van R400 miljoen.

Dit het ook goed gegaan met die bokboere. In 2016 is 2 450 000 bokke ter waarde van R4,4 miljard lewend verkoop of geslag.

Faber het gesê daar is tans na raming 13,6 miljoen beeste in Suid-Afrika, waarvan 5,7 miljoen (42%) deur opkomende boere besit word, 24,6 miljoen skape waarvan 3,1 miljoen (12%) aan opkomende boere behoort en 5,9 miljoen bokke, waarvan 4,3 miljoen (73%) in die opkomende sektor is.

Suid-Afrika voer reeds rooivleis na 42 lande uit, maar méér bestemming­s moet in die visier kom om bykomende valuta te verdien. Altesaam 38 173 ton beesvleis, asook huide van altesaam R3,3 miljard en 1 300 ton skaapveis van R405 miljoen, is in 2016 uitgevoer.

HOË WAARDE

Dr. Michael Bradfield, uitvoerend­e hoof van Agricultur­al Business South Africa, het gesê die Suid-Afrikaanse rooivleisb­edryf moet méér hoëwaardes­nitte uitvoer. Naspeurbaa­rheid moet ook verbeter word, “anders sal ons oor tien jaar nie meer die landboulei­er in Afrika wees nie”.

Hy meen as lande, soos Ethiopië, Namibië, Kenia en selfs die oorloggete­isterde Suid-Soedan, ’n naspeurbaa­rheidstels­el kan hê, hoekom dan nie Suid-Afrika nie. Al vier dié lande is groot vleis-uitvoerlan­de.

‘Die laaste vyf jaar het die getal beeste wat geslag word, elke keer gestyg.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa