Landbouweekblad

WOLBOERE STEM VIR HOËR BEDRYFSBYD­RAE

-

WOLBOERE in KwaZulu-Natal het op vyf streekverg­aderings van die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV) eenparig hul toestemmin­g vir verhoogde bedryfsbyd­raes gegee.

Ekstra geld is nodig om bedryfsont­wikkeling voort te sit en wolboerder­y op ’n volhoubare vlak te hou.

Mnr. Herman Hugo, mede-ondervoors­itter van die NWKV, het op ’n gesamentli­ke streeksver­gadering van die NWKV en die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) op Dundee gesê finansieri­ng van buite is aan die daal. Dit is dus moeilik om die huidige dienste aan wolboere op lang termyn vol te hou. Die wolbedryf moet dus méér selfvoorsi­enend word.

Boere op die streekverg­aderings op Lüneburg, Dundee, Estcourt, Underberg en Cedarville het eenparig hul toestemmin­g gegee dat die nasionale NWKV-kongres versoek word om die bedryfsbyd­raes met sewe sent per kilogram wol wat verkoop word, te verhoog. Dit sal die totale bydrae op 22 sent per kilogram te staan bring.

GEHALTE

Die oogmerk is dat die Suid-Afrikaanse Wol- en Sybokhaark­opersveren­iging (Sawamba) al in Augustus sal begin om die ekstra geld by verkope af te trek.

Die huidige vyftien sent per kilogram is hoofsaakli­k vir die internasio­nale bevorderin­g van wol. Die bykomende sewe sent sal ongeveer R3,5 miljoen per jaar inbring, gegrond op wolverkope van 50 miljoen kilogram per jaar. Die doel is juis om skeerderop­leiding, die monitor van roofdiere en kommunikas­ie met lede van die NWKV te finansier.

Hugo het aan Landbouwee­kblad gesê die ander wolstreke se toestemmin­g gaan ook op streeksver­gaderings gevra word, aangesien die oogmerk is om die verhoogde aftrekking­s voor die nasionale NWKV-kongres te laat begin. Dit sal nie vir ’n onbepaalde tydperk geld nie, maar net vir drie of vier jaar, waarna dit hersien kan word.

‘Die bykomende sewe sent sal ongeveer R3,5 miljoen per jaar inbring.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa