Landbouweekblad

Boer van die Jaar wreed aangeval

-

HY wil hê dit moet “bekend wees dat hierdie aanval op geen manier polities verdelend was nie, maar dat dit net drie bendelede was wat gemotiveer is deur hul eie belange”, sê mnr. Charles Back, Landbouskr­ywers SA se Boer van die Jaar vir 2017, oor die aanval op sy plaas verlede week waar hy met ’n breekyster aangerand is en vir dood agtergelaa­t is.

Drie aanvallers het Back aangeval terwyl hy geslaap het nadat hulle die huis se veiligheid­shekke oopgebreek het.

“My ontsnappin­g is niks minder as wonderbaar­lik nie en ek voel asof ek uit die dood teruggekom het. Ek is so dankbaar om te leef en my hart reik uit na al die mense wat hul familieled­e verloor het in die voortduren­de plaasaanva­lle,” het Back verlede Woensdag, ure ná die aanval, gesê.

“Ek is nou meer gemotiveer om daagliks werk toe te kom en sal voortgaan om te verseker dat ek kan bydra en probeer om selfs die kleinste verskil in my gemeenskap te maak.”

Lees die volledige artikel by bit.ly/2EEdwWD. — ALANI JANEKE en LUCILLE BOTHA

 ??  ?? Mnr. Charles Back
Mnr. Charles Back

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa