Landbouweekblad

‘BUURPLASE’ SMELT SAAM

- — LUCILLE BOTHA

OVERBERG AgrienAcor­nAgriis soos twee buurplase wat die grensdraad tussen hulle wil afbreek en saam groter wil boer.

Só sê mnr. André Uys, groepbestu­rende direkteur van Overberg Agri, oor die voorgenome samesmelti­ng met die Somerset-Wesse beleggings­maatskappy wat fokus op landbou.

Die resultaat sal ’n nuwe maatskappy wees met ’n geïntegree­rde vermoë om waarde toe te voeg in die landbou- en voedselsek­tor. Die maatskappy sal hom toespits op beleggings in en die ontsluitin­g van nisgeleent­hede in die sekondêre landbou- en voed-

selwaardek­etting in Suider-Afrika, luidens ’n verklaring. Dit sal ook meer gediversif­iseer wees tussen gewasse, inkomstebr­onne en geografies­e gebiede.

Uys sê Overberg Agri en Acorn Agri werk nou al “geruime tyd” saam. Acorn Agri besit reeds ’n belang van 25,6% in Overberg. Die grootste deel daarvan is in 2014 bekom. “Die samesmelti­ng is in wese die volgende stap, soos waar twee buurplase die grensdraad tussen hulle verwyder om saam groter te boer.”

Mnr. Pierre Malan, hoof- uitvoerend­e beampte van Acorn Agri, sê daar bestaan sterk sinergieë tussen die twee maatskappy­e. “Ons deel dieselfde waardes.”

STRAKS GENOTEER

In ’n omsendbrie­f aan aandeelhou­ers

word glo genoem dat die nuwe ondernemin­g op die JSE Bpk. genoteer kan word.

Dr. Kobus Laubscher, landbou-ekonoom en voorsitter van FarmVision, sê die samesmelti­ng maak die landbou oop vir beleggings van buite.

“Die basis van die maatskappy behoort by die landbouers te bly, maar dit sal ook die verhandeli­ng van aandele op ’n mededingen­de grondslag moontlik maak. Dit kan ruimte vir beleggings in die landbou skep.”

WERKSKEPPI­NG

Hy meen die nuwe entiteit kan sekerheid gee aan bestaande werkgeleen­thede, maar ook nuwe geleenthed­e skep.

“En dit op die regte plek – weg van die plaas. Dit gaan stabilitei­t bring in die landelike omgewing wat hulle bedien. As hulle uiteindeli­k noteer, is daar boonop toegang tot kapitaal buite die landbou wat hierdie belegging kan ondersteun.” Hy beskou die samesmelti­ng as ’n strategie om albei ondernemin­gs se teenwoordi­gheid te vergroot.

“Dit gee diepgang ten opsigte van diversifis­ering en blootstell­ing aan risiko. Dit bied meer omvattende dienslewer­ing, veral aan lede wat ook in daardie rigting wil beweeg. Die mandjie van insette, kundigheid en netwerke is van onskatbare belang. Dit gaan die grondslag skep vir ’n interessan­te omgewing en kan strategies­e sinergieë bevorder en ook baie vir die streek beteken ten opsigte van volhoubaar­heid.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa