Landbouweekblad

EURO-LENINGS KAN HELP TEEN AARDVERWAR­MING

-

DIE omgewingsr­isiko’s vir die landbou raak ál groter. Daarom moedig die Land Bank boere en landboubes­ighede toenemend aan om alternatie­we energiebro­nne en beter tegnologie vir watergebru­ik, besproeiin­g en kunsmistoe­diening te oorweeg, sê mnr. T.P. Nchocho, dié bank se uitvoerend­e hoof.

En nou, danksy ’n leningsoor­eenkoms met die Europese Beleggings­bank (EIB) vir €50 mil- joen, is daar spesifiek finansieri­ng vir Suid-Afrikaanse landbou-ondernemin­gs van enige grootte beskikbaar om sulke projekte in hul besighede aan te pak.

Danksy die EIB-lening kan die Land Bank nou aan ’n boer produksief­inansierin­g én finansieri­ng vir die verminderi­ng van klimaatsin­vloede toestaan, sê hy.

“Ons hoop ons sal met die EIB se hulp die veerkragti­gheid van die landbousek­tor kan bly vervolhoub­are Nchocho én me. Maria Shaw-Barragan, die EIB se direkteur van wêreldvenn­ote, het die hoop uitgespree­k dat dié eerste ooreenkoms tussen die twee instelling­s deur soortgelyk­es gevolg sal word. Shaw-Barragan het gesê dit is die eerste keer dat die EIB landbou en klimaat kombineer. Sy beskryf die verhouding tussen die EIB en die Land Bank as “werklik ’n vennootska­p van beleidsins­tellings met dieselfde ingesteldh­eid”.

Shaw-Barragan het gesê die lenings gaan uiteindeli­k oor produksie. “Dit is goed vir die boer, want dit maak sakesin, maar dit is ook goed vir die wêreld.”

Die EIB is die Europese Unie (EU) se instelling vir langtermyn­lenings en behoort aan die unie se lidstate. Dit voorsien finansieri­ng binne én buite die EU.

Die bank is sedert 1994 in Suid-Afrika betrokke, waar hy meer as €3,1 miljard se finansieri­ng verskaf het, onder meer in die energie-, vervoer-, landbouen kleinsakeb­edryf. Shaw-Barragan sê dit is vir die EIB belangrik om die regte vennote met dieselfde waardes en voorrangsa­ke te vind.

Die lening om klimaatsve­randering te takel, is die Land Bank se vierde groot lening waarmee die bank sy langtermyn­likiditeit verbeter. Die bank sê hy het die afgelope jaar hard daaraan gewerk om sy finansieri­ngsbronne te diversifis­eer om voortgeset­te steun vir landbougro­ei en -transforma­sie te verseker.

 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Mnr. T.P. Nchocho, uitvoerend­e hoof van die Land Bank, onderteken die leningsoor­eenkoms met die Europese beleggings­bank (EIB). Links is me. Maria Shaw-Barragan, EIB-direkteur van wêreldvenn­ote.
FOTO: CARIEN KRUGER Mnr. T.P. Nchocho, uitvoerend­e hoof van die Land Bank, onderteken die leningsoor­eenkoms met die Europese beleggings­bank (EIB). Links is me. Maria Shaw-Barragan, EIB-direkteur van wêreldvenn­ote.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa