Landbouweekblad

RCL SPAAR MILJOENE MET SON EN AFVALWATER

-

RCL FOODS is onder die 22% topmaatska­ppye in Suid-Afrika wat deel is van ’n projek waarin maatskappy­e hul koolstofsp­oor bekend maak.

Die maatskappy het ’n A minus-gradering in verlede jaar se koolfstofb­ekendmakin­gsprojek (CDP) behaal, wat hom ook onder die 18% topmaatska­ppye in Suid-Afrika in die sektor vir verbruiker­stapelvoed­sel plaas.

RCL sê in ’n verklaring een van die groot prestasies in die verminderi­ng van sy koolstofvr­ystellings is die bou van sy Waste-to-Value-aanleg naby Worcester. By dié aanleg word hernubare energie uit afvalwater van die groep se hoenderver­werkingsaa­nleg opgewek.

Die aanleg is die grootste in sy soort in Afrika. In drie maande is meer as 926 673 kWh hernubare energie daar opgewek, wat 35% van die totale krag is wat die terrein by Worcester benodig.

In ’n ander projek wek 271 sonpanele by die maatskappy se nasionale kantoor 200 000 kWh per jaar op, wat genoeg energie is vir al die ligte in die gebou.

DROOGTE

Mnr. Ettienne Thiebaut, hoof van volhoubaar­heid by RCL, sê waterbespa­ring is ook ’n voorrangsa­ak vir die maatskappy.

“Ons ontwikkel nog ons planne ten opsigte van water, maar die droogte was ’n bykomende katalisato­r in ons heroorwegi­ng van watergebru­ik in ons suikersake-eenheid.

“Die doeltreffe­nder besproeiin­gstegnieke wat ons in dele van ons suikerriet­kweekbedry­wighede begin gebruik het, het reeds waterbespa­rings begin oplewer. Ons sal voortgaan om ’n meer droogtewee­rstandige ondernemin­g te skep,” sê Thiebaut.

Die CDP is in 2000 in werking gestel. Verlede jaar het ongeveer 3 000 maatskappy­e wêreldwyd inligting oor klimaatsve­randering, water en ontbossing bekend gemaak.

Na verwagting sal die druk op Suid-Afrikaanse maatskappy­e toeneem om hul koolstofvr­ystellings op ’n wêreldwye platform te bestuur, te monitor en bekend te maak, sê RCL.

 ?? FOTO: RCL FOODS ?? By RCL Foods se Waste-toValue-aanleg naby Worcester word krag opgewek met afvalwater uit die hoenderaan­leg.
FOTO: RCL FOODS By RCL Foods se Waste-toValue-aanleg naby Worcester word krag opgewek met afvalwater uit die hoenderaan­leg.
 ?? FOTO: RCL FOODS ?? Die 271 sonpanele by RCL Foods se hoofkantoo­r voorsien genoeg krag om al die ligte te laat brand.
FOTO: RCL FOODS Die 271 sonpanele by RCL Foods se hoofkantoo­r voorsien genoeg krag om al die ligte te laat brand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa