Landbouweekblad

CHINA | Beijing nie lus vir GM mielies

-

Bestelling­s vir tot 210 000 ton Amerikaans­e mielies ter waarde van $40 miljoen (R360 000) is volgens berigte in China gekanselle­er nadat die invoerders nie permitte daarvoor kon kry nie.

Drie ingeligtes in die Chinese graanhande­l sê nadat invoer uit Amerika einde verlede jaar skerp gestyg het, het dit vanjaar moeiliker geword vir graanmeule­ns om permitte te kry om dié GM mielies te verwerk. Nou koop Chinese handelaars eerder van die Oekraïne, waar die mielies nie-GM is en dus nie permitte nodig het nie.

Verlede jaar het die Chinese regering ook invoervere­istes vir GM sojabone verhoog, wat tot vertraging­s en kleiner bestelling­s gelei het.

Nagenoeg twee derdes van die 2,83 miljoen ton mielies wat China verlede jaar ingevoer het, was van die Oekraïne en ’n kwart uit Amerika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa