Landbouweekblad

AMERIKA | Studie kom oor effek van hoenderpla­se

-

2

Die regering van die Amerikaans­e deelstaat Maryland oorweeg ’n omvattende studie om te bepaal of die reusehoend­erfabriekp­lase wat die hoeksteen van die deelstaat se landboubed­ryf vorm, gesondheid­sprobleme, soos asma, vererger.

Die regering wil ’n komitee daarstel om ’n studie oor die luggehalte in landbougem­eenskappe te doen. Hy wil dan teen volgende Januarie ’n plan vir openbare kommentaar en wetenskapl­ike oorsig publiseer.

Die Amerikaans­e omgewingsb­eskermings­agentskap (EPA) het ná ’n twee jaar lange studie reeds in 2011 navorsing gepublisee­r wat daarop dui dat sulke aanlegte soveel besoedelin­g vrystel dat dit onderhewig behoort te wees aan meganismes ingevolge die federale wet op luggehalte. Ondanks dié navorsing is daar teen verlede jaar nog geen standaarde of protokolle daargestel om die luggehalte vanweë landboubed­rywighede te monitor nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa