Landbouweekblad

COSTA RICA | Robuuste koffie nou weer welkom

- Climate Change

3

Die regering van Costa Rica het ’n verbod van 30 jaar op die meer geharde koffieplan­t robusta beëindig. Dié land is een van die kleiner koffieprod­userende lande in Sentraal Amerika, maar is bekend vir die hoë gehalte van sy arabica-kultivars. Robusta is weens ’n hoër kafeïeninh­oud minder vatbaar vir siektes en stygende temperatur­e as arabica, maar die bone het ’n sterker en bitterder smaak.

’n Studie wat verlede jaar in die joernaal gepublisee­r is, raam dat die wêreldwye gebied waar koffie verbou kan word, teen 2050 met tot 50% kan krimp.

Puriste is bekommerd dat robusta die reputasie van Costa Rica se bone van hoë gehalte kan skaad, maar die nasionale koffie-instituut sê robusta sal net toegelaat word in spesifieke dele van die land waar arabica-bome nie aard nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa