Landbouweekblad

Veediefsta­l styg met 8,8% in 2016-’17

-

DIE polisie het die nasionale veediefsta­lstatistie­k vir 2016-’17 verlede Oktober bekend gemaak. Dié syfers is deur die nasionale veediefsta­lvoorkomin­gsforum ontleed. Daarvolgen­s blyk dit dat veediefsta­l in 2016-’17 landwyd met 8,8% teenoor die vorige ooreenstem­mende tydperk toegeneem het.

Mnr. Willie Clack, voorsitter van die forum, sê die styging kan dalk onrusbaren­d wees, maar dit kan wees weens ’n ware styging in veediefsta­l óf omdat slagoffers meer sake aanmeld.

Die meeste veediefsta­l het in Noordwes en Mpumalanga voorgekom, met 22,5% van alle sake wat in elk van dié provinsies aangemeld is. In Gauteng is 20,7% van sake aangemeld.

Polisiekan­tore wat ’n styging van meer as 50% in veediefsta­lsake ondervind het, was KwaMhlanga (171%) in Mpumalanga, Phokeng (149%) in Noordwes, Ermelo (108%) in Mpumalanga, Selosesha in die Vrystaat en Belfast in Mpumalanga (albei met 78%), Nongoma (73%) in KwaZulu-Natal en Matla- la (57%) in Limpopo.

Brandpunte waar daar meer as 150 gevalle van veediefsta­l in 2016-’17 aangemeld is, was veral in die Oos-Kaap, naamlik by Sulenkama (231 gevalle), Bityi (214), Qumbu (205), Maluti (185) en Mthatha (179). In die Vrystaat is die meeste gevalle by Harrismith (175) aangemeld, in Mpumalanga by KwaMhlanga (160) en in KwaZulu-Natal by Bergville (158).

Die TABEL toon die ekonomiese impak van veediefsta­l in Suid-Afrika vanaf 2011 tot 2017. In die boekjaar wat verlede jaar geëindig het, het boere verliese van R734 miljoen gely.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa