Landbouweekblad

RPO POSISIONEE­R HOMSELF VIR TOEKOMS

-

DIE Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) se strategies­e beplanning­sessie is vroeg vanjaar in Bloemfonte­in gehou. Mnr. Koos van der Ryst, voorsitter, het gesê wisselvall­ige marktoesta­nde en dieregeson­dheid is van die belangriks­te knelpunte in die volhoubaar­heid van die bedryf.

“Toegewyde aandag moet ook daaraan gegee word om toetreders tot die rooivleisb­edryf te bemagtig met die nodige opleiding en ondersteun­ing ten einde produksie volhoubaar en mededingen­d te maak,” het hy gesê.

Volgens mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuu­rder, het die RPO homself op die werksessie geposision­eer om die belange van die produsent te verteenwoo­rdig sodat voedselsek­erheid in Suid-Afrika bevorder kan word.

Die RPO se uitvoerend­e raad en belanghebb­endes het die kernrol van die RPO in die toekoms bespreek, asook volhoubaar­heid in die totale rooivleisw­aardeketti­ng.

Van der Ryst het gesê die RPO is gereed om die mededingen­dheid en volhoubaar­heid van die rooivleisb­edryf te help verseker.

Geleenthed­e vir die uitbreidin­g van die RPO se funksies, ondersteun­ing van die rooivleisb­edryf en waarde-ontsluitin­g vir produsente is in Bloemfonte­in geïdentifi­seer. Die volgens sake is ook bespreek: Bestendige marktoegan­g en bemarkings­geleenthed­e vir produsente se produk. Die bou van strategies­e vennootska­ppe en verhouding­s. Inklusiwit­eit en transforma­sie van die rooivleisb­edryf. Vroegtydig­e bestuur van dieregeson­dheid en die uitbreidin­g van funksies, soos navorsing en ontwikkeli­ng, produksie-ontwikkeli­ng, opleiding en tegnologie-oordrag. Volgens Schutte is dit noodsaakli­k om biosekerhe­idsrisiko’s, soos dieregeson­dheid (insluitend naspeurbaa­rheid), vroegtydig te takel ten einde produksie van topgehalte te bevorder. Die RPO sal dié taak saam met die nasionale organisasi­e vir opkomende rooivleisp­rodusente (Nerpo) bestuur. Geld uit die nuwe statutêre heffing sal daarvoor gebruik word. In vennootska­p met die nasionale dieregeson­dheidsforu­m sal klem daarop geplaas word.

Die RPO sal groter klem op verbruiker­sopvoeding lê om die plaaslike mark te laat groei en die deurlopend­e vraag na rooivleis te vergroot.

Dit is ook belangrik om vermoëns ten opsigte van hulpbronne, insluitend­e menslike hulpbronne en finansies, te beter, terwyl die bewaring en optimale benutting van die natuurlike hulpbronne elke produsent se mikpunt behoort te wees.

Volgens Schutte word die RPO as die spreekbuis van die rooivleisp­rodusente in die formele sektor erken. Die organisasi­e het ’n goed gevestigde struktuur wat tot op voetsoolvl­ak kan kommunikee­r, en sy kommunikas­ie met die Regering is op ’n baie hoë vlak. Hy sê daar is uitstekend­e kundigheid binne die RPO en die organisasi­e het ’n impak en inspraak as dit kom by navorsing en ontwikkeli­ng.

Schutte sê die RPO speel ook ’n beslissend­e rol in die aansoek, toepassing en uitvoering van funksies ingevol ge die statutêre heffing. Verder speel die organisasi­e ’n belangrike rol binne die Rooivleisb­edryfsforu­m. Die organisasi­e is ook betrokke by die nasionale en provinsial­e gesondheid­sforums, die veediefsta­lforums en die roofdierfo­rums. Die RPO het ’n vaartbelyn­de administra­sie en inklusiewe besluitnem­ingsproses­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa