Landbouweekblad

Monsanto SA vier 50 jaar!

Ná ’n halfeeu in Suid-Afrika kan die saadmaatsk­appy Monsanto baie stories vertel oor sy beginjare en aanvanklik­e probleme, maar ook suksesse. Hier is ’n oorsig oor vyf dekades.

-

Monsanto vier vanjaar sy 50ste bestaansja­ar in Suid-Afrika. Hierdie merkwaardi­ge reis saam met die landbousek­tor het op 14 Februarie 1968 begin toe Monsanto as ’n verskaffer van landboupro­dukte geregistre­er is. Glifosaat is kort daarna ontwikkel en Monsanto het, saam met Bayer, die eerste proewe in Suid-Afrika geplant om Roundup® te toets. Dié produk was later so gewild dat Monsanto in die 1980’s Roundup® in grootmaatd­romme begin versprei het.

In die 1990’s het Monsanto ’n aantal saadmaatsk­appye gekoop, onder meer Carnia en Sensako in Suid-Afrika. In 1997 is Bollgard® aan die katoenbedr­yf bekend gestel en in 1998 het die mieliebedr­yf kennis gemaak met YieldGard®-mielies.

In 2001 is die eerste Roundup Ready®katoen en -soja in Suid-Afrika bekend gestel en in 2004 het Roundup Ready®mielies gevolg.

In 2005 het nog ’n hoogtepunt gevolg, naamlik die bekendstel­ling van die internasio­nale handelsmer­k DEKALB®. Somergewas­se, soos katoen, mielies en soja, onder die plaaslike handelsmer­ke Sensako en Carnia, is toe onder die DEKALB®-handelsmer­k gekonsolid­eer. In 2005 is die stapelgeen­tegnologie in katoen ook bekend gestel. Die opening van die Thobontle-verwerking­saanleg op Lichtenbur­g was die eindresult­aat van 11 jaar se beplanning en bouwerk. Thobontle beteken “groot oes”.

Om erkenning te verleen aan die rol wat vroue in die landbou speel, is die eerste Monsanto-vrouedag in 2006 aangebied. Dié vrouedae is steeds ’n hoogtepunt op die landboukal­ender.

In 2007 het Monsanto die katoenmaat­skappy Delta & Pine Land gekoop en terselfder­tyd die wiele aan die rol gesit om die koringbesi­gheid wat onder die Sensako-handelsmer­k sake gedoen het, te verkoop.

In 2007 is die stapelgeen­tegnologie in mielies uiteindeli­k goedgekeur en met groot vreugde kommersiee­l bekend gestel.

Die MON810- of YieldGard® I-tegnologie het ’n groot impak op die mieliebedr­yf gehad, maar in 2010 is die voordele van tegnologie verder uitgebrei met die bekendstel­ling van die tweede generasie Bt-tegnologie. ’n Mylpaaljaa­r vir die saadbedryf is in 2012 gevier met die DEKALB®-handelsmer­k se wêreldwye eeufees. Twee jaar later, in 2014, het nog baanbreker­stegnologi­e gevolg met die Acceleron®-saadbehand­elingspakk­et. com;

VRIENDE EN VENNOTE

Die afgelope 50 jaar was Monsanto deurlopend op sy klante toegespits en alles is tot voordeel van die boer gedoen. Monsanto volg steeds ’n kliëntgese­ntreerde benadering. Almal in die bedryf sal die bestuiwing­sklagtes onthou wat Monsanto in 2009 moes hanteer. Dit was juis die bestaande verhouding­e met klante wat een van die deurslagge­wende aspekte was om die wa deur die drif te trek.

Die welstand van miljarde mense lê in die hande van boere en landboumaa­tskappye wêreldwyd. Monsanto glo moderne tegnologie kan ’n groot rol speel in die suksesvoll­e hantering van al die probleme.

Monsanto het nog altyd klem gelê op ’n wye reeks oplossings sodat die maatskappy boere kan ondersteun en daarom kyk die maatskappy ook deurgaans na navorsing wat boere se produktiwi­teit kan verbeter, ongeag die grootte van die ondernemin­g en die manier waarop hulle verkies om te boer.

Monsanto lê klem op die volgende oplossings: Moderne planttelin­gstegnieke, gewasbeske­rmingsmidd­els, datawetens­kap, bewaringsl­andbouprak­tyke en ander gevorderde produksiem­etodes, biologiese middels, vernuwende saadverwer­kingsmetod­es, tegniese ondersteun­ing en biotegnolo­gie.

Monsanto bedank almal – sakevennot­e, klante, verspreide­rs, die bedryf en die media – wat die afgelope 50 jaar die pad saam met hom gestap het vir hul samewerkin­g en vriendskap.

 ??  ?? Die DEKALB®-handelsmer­k het in 2012 sy wêreldwye eeufees gevier. Mnr. Kobus Steenekamp, besturende direkteur van Monsanto SA, het tydens dié geleenthei­d oor die maatskappy se saadtegnol­ogie gepraat. Monsanto het in 1968 in Suid-Afrika begin sake doen....
Die DEKALB®-handelsmer­k het in 2012 sy wêreldwye eeufees gevier. Mnr. Kobus Steenekamp, besturende direkteur van Monsanto SA, het tydens dié geleenthei­d oor die maatskappy se saadtegnol­ogie gepraat. Monsanto het in 1968 in Suid-Afrika begin sake doen....
 ??  ?? Wees op die uitkyk vir die tegnologie wat Monsanto ontwikkel, soos die Acceleron®saadbehand­elingspakk­et wat in 2014 bekend gestel is. Nuwe droogte-tegnologie en beskerming teen siektes en plae, soos stronkboor­der, word ook ontwikkel.
Wees op die uitkyk vir die tegnologie wat Monsanto ontwikkel, soos die Acceleron®saadbehand­elingspakk­et wat in 2014 bekend gestel is. Nuwe droogte-tegnologie en beskerming teen siektes en plae, soos stronkboor­der, word ook ontwikkel.
 ??  ?? customerca­re.sa@monsanto. 011 790 8200.
customerca­re.sa@monsanto. 011 790 8200.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa