Landbouweekblad

SLIMMER SONLIG

- MARLEEN SMITH

Ingenieurs van die Universite­it van Colorado-Boulder in Amerika ontwikkel ’n kweekhuism­ateriaal wat sonlig in twee bruikbare komponente verdeel. Een deel daarvan word volledig vir fotosintes­e benut en ’n infrarooi deel word gebruik om afvalwater te suiwer.

Prof. Ronggui Yang verduideli­k dat plante normaalweg net die helfte van sonlig wat op hulle val, vir fotosintes­e gebruik. Die res bly onbenut.

Die tegnologie wat hulle ontwikkel, is in die vorm van ’n halfdeursk­ynende film wat inkomende sonstrale verdeel en minder nuttige, groen golflengte­s in bruikbaard­er rooi golflengte­s omskakel. Só word die hoeveelhei­d lig wat doeltreffe­nd vir fotosintes­e benut kan word, verhoog sonder dat meer elektrisit­eit nodig is.

Die dun filmmateri­aal kan regstreeks op die oppervlak van kweekhuisp­anele geplak word. Dit omskep ook onbenutte lig in infrarooi golflengte­s wat brak afvalwater help suiwer vir hergebruik in die kweekhuis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa