Landbouweekblad

‘NATUURLIK IS DIT ’N KOMMERSIËL­E PROPOSISIE…’

-

Een van die redes waarom mnr. Pieter Kruger sy veeboerder­y op afgetakeld­e veld tot niet gemaak het, is omdat inkomste marginaal begin raak het weens ’n tekort aan natuurlike kapitaal. “Ons het van die een droogte na ’n volgende begin boer . . .”

Die groter besef dat hulle in ’n ekologies gevoelige gebied en wateropvan­gsgebied vir die Kougadam boer, het ook sy kop gedraai. “Dit is belangrik om beskerming aan sulke gebiede te gee om ander gebiede, soos die Gamtoosval­lei en Port Elizabeth, met waterseker­heid uit die opvanggebi­ed te ondersteun.”

Aanvanklik is spekboom aangeplant met die oogmerk dat die verhandeli­ng van koolstofkr­ediete die inkomste uit veeboerder­y kan vervang. “Weens die prys van koolstof het ons egter nog nie begin om krediete te verhandel nie. Ons het wel begin met agtergrond­studies om te bepaal wat die koolstofin­houd van ons veld was.”

As die Baviaanskl­oofboere in koolstofkr­ediete wil handel dryf, moet die projek gesertifis­eer word. “Dit is belangrik om die restourasi­eprojek uit te brei om die sertifiser­ingskoste te regverdig. Intussen groei ons spekbome en die koolstofin­houd van die veld neem toe. Ek noem dit ’n belegging in natuurlike kapitaal.”

Teen die agtergrond van waterseker­heid beskou hy dit beslis as ’n kommersiël­e proposisie. “Ons moet begin om anders te begin dink. ’n Nuwe ekonomie moet ontwikkel word wat restourasi­eprojekte ondersteun en volhoubaar maak. Hoe anders gaan ons rivierstel­sels beskerm?”

Pieter meen betaling vir ekostelsel­dienste is een van die ekonomieë wat ontwikkel moet word. “Onthou, die voordeel van restourasi­e op plase gaan die voordeel van waterseker­heid verplaas na die waterverbr­uiker aan die onderkant van die ketting. Dit is in nasionale belang. Die Departemen­t van Waterwese sal beslis meer betrokke moet raak om hierdie bate te bestuur.

“Die waarde van skoon water uit ’n rivier of opvangsgeb­ied in die Baviaanskl­oof is drie keer meer werd as die waarde van landboupro­duksie. Die herstel van rivierstel­sels en opvangsgeb­iede en die funksie van die ekologiese reserwe is steeds die goedkoopst­e opsie vir waterseker­heid as jy dit vergelyk met die bou van nuwe damme en die ontsouting van seewater. Wat help dit om nuwe damme te bou wat toeslik en dan lê die fout by die opvangsgeb­ied?”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa