Landbouweekblad

SONKRAG SORG VIR SUIWER DRINKWATER

-

DISTILLERI­NG Watersuiwe­ringstelse­ls wat met sonkrag werk en in verskillen­de groottes saamgestel kan word, word nou deur H2O4Africa bemark. Die stelsel bestaan uit Carocell-watersuiwe­ringspanel­e wat deur sonkrag ’n natuurlike distilleri­ngsproses aan die gang sit om besoedelde water vanuit enige bron tot veilige drinkwater te suiwer.

Dit kan seewater ontsout en water suiwer van onder meer arseen, Escherichi­a coli, wateroordr­aagbare siektes en minerale, soos yster, fluoor, kalsium en chloor. Distilleri­ng is ’n internasio­naal erkende metode van watersuiwe­ring en watertoets­e is al op verskeie vlakke oor die hele wêreld gedoen.

Die verspreide­rs sê die sonkrag-waterplase is outomaties en verg min onderhoud. Die water verdamp en kondenseer binne die paneel met behulp van sonkrag. Die gedistille­erde water word geskei van ongedistil­leerde water wat steeds besoedel is. Hierdie water is dalk vir ander huishoudel­ike gebruike geskik of kan weer deur die stelsel gestuur word.

Van die tipiese gebruike is die ontsouting van seewater, die suiwering van besoedelde boorgatwat­er of fonteinwat­er en die benutting van reënwater.

’n Stelsel met vyf panele kan daagliks drinkwater aan 20 mense verskaf en een met 70 panele kan drinkwater aan ’n dorp met 300 mense voorsien. Prys: Vanaf R8 000 vir ’n eenheid wat 10 liter per dag lewer. jacques.welthagen@gmail.com, Prys:

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa