Landbouweekblad

DIEP SPORE

-

Mnr. Roelie Venter (46), nuwe uitvoerend­e bestuurder van die Namibiese Landbou-unie (NLU), het al baie spore in dié land getrap. Hy is op Lindley in die Vrystaat gebore waar sy pa, wyle Johan Venter, geboer het. Sy ma, Gerrie, woon steeds op Lindley.

Roelie het ná skool die grade B.Sc.Agric. (dier- en weidingkun­de en landboueko­nomie) en B.Sc.Agric. Hons. aan die Universite­it van die Vrystaat in Bloemfonte­in en die graad M.B.A. in sakeleiers­kap aan die Universite­it van Suid-Afrika (Unisa) verwerf.

In 1994 en 1995 was hy ’n voorligtin­gsbeampte by die departemen­t van landbou op Potchefstr­oom. Einde 1995 het hy na Namibië verhuis waar hy sedertdien werk en burgerskap verwerf het.

Roelie se eerste werk in Namibië was as bestuurder van kommoditei­te (suiwel, vleisbeest­e en akkerbou) by die NLU. Daarna het hy by Namibia Dairies en O&L Boerdery gewerk, waarna hy vir vyf jaar ’n onafhankli­ke landbouraa­dgewer was.

Van 2015 tot 2017 was die NLU een van Roelie se kliënte as koördineer­der vir ’n projek wat deur die Europese Unie gefinansie­r is om ’n nasionale weidingbes­tuursbelei­d- en strategie vir Namibië in werking te stel. Dit het gelei tot sy suksesvoll­e aansoek om die nuwe uitvoerend­e bestuurder te word.

Roelie woon in Windhoek, maar het ook ’n boerdery suid van Buitepos naby die grens met Botswana. Hy het van 2001 af grond gehuur en vier jaar gelede die plaas gekoop. Vandag boer hy daar met Beefmaster­beeste.

 ?? FOTO: AGRIFORUM ?? Mnr. Roelie Venter.
FOTO: AGRIFORUM Mnr. Roelie Venter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa