Landbouweekblad

BOERE VERDIEN R7,5 MILJARD

-

Namibiese boere het verlede jaar sowat R7,5 miljard uit hul boerderye verdien, waarvan ’n groot deel met die uitvoer van produkte was. Dit lewer ’n waardevoll­e bydrae tot hierdie land se ekonomie en verdien broodnodig­e valuta.

Die beessektor is verreweg die waardevols­te met ’n beraamde boere-inkomste van R3,4 miljard, volgens die Namibiese Landbou-unie (NLU).

Mnr. Roelie Venter (46), uitvoerend­e bestuurder van die NLU, sê die bedrae is bereken op grond van formele bemarkings­yfers teen die spesifieke jaar se produsente­pryse. Geen informele bemarking is daarby ingesluit nie.

Die beessektor word gevolg deur pluimvee (R851 miljoen), druiwe (R819 miljoen), skape (R705 miljoen) en trofeejag (R540 miljoen).

Die tabel hieronder bevat die volledige besonderhe­de van 2017 se landboupro­duksie vergeleke met 2016.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa