Landbouweekblad

VOORSITTER

-

Mnr. Piet Gouws (foto) is voorsitter van die Namibiese Lewendehaw­eprodusent­e-organisasi­e (LPO). Hy het in Windhoek skoolgegaa­n en die graad B.Sc.Agric. (weiding en veekunde) aan die Universite­it van die Vrystaat (UV) behaal. Daarna het hy as landbouvoo­rligter by die destydse eerstevlak­regering van Suidwes-Afrika/ Namibië gewerk.

Nadat hy sy honneursgr­aad in voedingkun­de met deeltydse studie aan die UV verwerf het, het Piet gewerk vir die Italiaanse Banadei-familie, wat 92 000 ha beesgrond vanaf noord van Tsumeb tot suid van Windhoek gehad het.

Hy en sy vrou, Mariana, oorspronkl­ik van die Vaalharts-besproeiin­gskema, is in 1983 getroud en hulle boer sedert 1990 met Simbras op hul plaas noordwes van Outjo.

VREDE EN VOORSPOED

Ek is geesdrifti­g oor die georganise­erde landbou en hoopvol oor die toekoms van die landbou en die kommersiël­e boere. Namibië is nie die maklikste land om in te boer nie, maar ’n beter land met beter mense en méér seëninge en vrede sal jy moeilik vind.

Die totale veesektor is vir die LPO van groot belang. Gevolglik beywer die organisasi­e hom deurlopend vir ’n regverdige bestel vir groot- en kleinvee, maar ook vir die groot én die klein boer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa