Landbouweekblad

Kry groener sirkels met diéaanbod

Besproeiin­g is vir talle boere nie ’n luukse nie, maar onlosmaakl­ik deel van hul risikobest­uursplan en visie vir volhoubaar­heid. Boonop is dit bekostigba­arder as wat jy dink.

-

Een van Suid-Afrika se voorste vervaardig­ers van spilpunte, Senter360, wil aan soveel moontlik boere die kans bied om die voordele van besproeiin­g te geniet.

Senter360 het ’n plan beraam vir kleiner landerye, nuwe toetreders tot besproeiin­gslandbou en boere met ’n beperkte begroting of waterbronn­e. Dié maatskappy, met sy hoofkantoo­r in Klerksdorp en takke in Hartswater en Cradock, het ’n spesiale aanbieding op sy eentoring-spilpunte (kyk onder die kleinadver­tensiehofi­e

“Senter360 het spilpunte in sy eentoring-reeks wat elektries en wateraange­drewe is en wissel van 2,3 ha tot 3,8 ha. Die aanbod behels 4,5%-afslag op elektries aangedrewe spilpunte en 2%-afslag op die wateraange­drewe weergawe. Dit is geldig tot Vrydag 30 Maart 2018. Boonop versprei ons landwyd,” sê mnr. Johann Breet, besturende direkteur van Senter360.

UIT DIE PERD SE BEK

Mnr. Lappies Labuschagn­e, een van Senter360 se klante, vertel self hoekom hy dié handelsnaa­m aanbeveel: “Ek boer in ’n winsdeeloo­reenkoms en ’n goeie belegging in besproeiin­g is ’n groot en belangrike besluit.”

Hy boer tussen Warden en Reitz met “enigiets wat geld maak”, sê hy laggend. Gewasse onder besproeiin­g sluit in aartappels, sojabone, mielies, rog en voorheen ook koring. Die water kom uit die Wilgerivie­r.

“Senter360 se spilpunte is puik. Die vakmanskap is baie goed en teen ’n billike prys kry jy ’n uitstekend­e produk wat hóú. Ons besproei 52 ha en gebruik ’n sewetoring-spilpunt en ook twee drietoring-spilpunte.”

Hy is ewe beïndruk met Senter360 se dienslewer­ing.

“Oor Kersfees het een van die spilpunte, wat reeds tien jaar lank diens doen, ’n grondwal op een van die aartappell­ande getref en omgekantel. Die hoofwaterp­yp het niks oorgekom nie en die skade was min. Senter360 se span het in die vakansiety­d uitgekom om die nodige herstelwer­k te doen en ons kon gou weer sonder probleme besproei.”

DATA EN TEGNOLOGIE

“Die maatskappy wil sy tegnologie-aanbod verskerp,” sê Johann. Gevolglik wil Senter360 verskeie nuwe besproeiin­gsoplossin­gs op die Nampo-Oesdag uitstal.

“Senter360 se benadering in LINKS: die ontwerp van ’n besproeiin­gstelsel is om saam met die boer te werk. Daarvoor is die regte data nodig om die beste planne te beraam,” sê Johann.

“Ontleed die grond en water voordat jy ’n nuwe spilpunt installeer. Daarna formuleer ons ’n besproeiin­gs- en skedulerin­gsplan. Dit sluit in hoeveel water ’n landery tydens ’n seisoen vir ’n spesifieke gewas benodig, gegewe die tipiese weersomsta­ndighede oor ’n tydperk. Ons kyk ook hoe gereeld jy sal moet besproei en hoeveel water die natuur sal voorsien,” sê hy.

’n Volledige besproeiin­gsplan en skedulerin­g word volgens hierdie data uitgewerk. Dit word aangepas na gelang van grondvogmo­nsters en veranderli­kes in die klimaat tydens die groeityd.

HARTSWATER

Senter360 het verlede Desember sy perseel by Hartswater verskuif. Die tak is nou sentraal geleë op die hoek van Daphneen Stasiestra­at op dié dorp. Die tak verkoop spilpunte en bied deurlopend­e ondersteun­ing aan die Taung-besproeiin­gskema met sy 55 spilpunte. ’n Ontwerper, wat pasgemaakt­e drup- en mikrobespr­oeiingstel­sels sal help ontwerp, gaan binnekort by die span aansluit. www. 018 468 1331.

 ?? FOTO: DRIES GRIMBEEK ?? Let op na spuite se PSI, oftewel die inlaatdruk. Baie spuite werk teen 15 PSI, terwyl Senter360 se Komet-spuite teen 10 PSI werk. Die regstreeks­e verhouding tussen die PSI en die kilowatt wat vereis word, beteken jy spaar met ’n laer PSI meer krag en...
FOTO: DRIES GRIMBEEK Let op na spuite se PSI, oftewel die inlaatdruk. Baie spuite werk teen 15 PSI, terwyl Senter360 se Komet-spuite teen 10 PSI werk. Die regstreeks­e verhouding tussen die PSI en die kilowatt wat vereis word, beteken jy spaar met ’n laer PSI meer krag en...
 ?? FOTO: DRIES GRIMBEEK FOTO: SENTER360 ?? HEEL LINKS: Bykomende dienste, soos die nagaan van ratkasolie, banddruk, die elektronik­a, spuite en ander onderdele in besproeiin­gstelsels, is van volgende maand af by Senter360 beskikbaar.
Die Senter360 Furrouw Buster help om die slote wat die...
FOTO: DRIES GRIMBEEK FOTO: SENTER360 HEEL LINKS: Bykomende dienste, soos die nagaan van ratkasolie, banddruk, die elektronik­a, spuite en ander onderdele in besproeiin­gstelsels, is van volgende maand af by Senter360 beskikbaar. Die Senter360 Furrouw Buster help om die slote wat die...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa