Landbouweekblad

Glanshoend­er met heuning en gemmer

-

Voorverhit die oond tot 200 °C. Geur die hoenderstu­kke na smaak met sout en peper en sit in ’n glasbak. Meng die karringmel­k met die knoffel, giet oor die hoender en meng goed. Bedek met kleefplast­iek en sit oornag in die yskas.

Meng die res van die bestanddel­e, behalwe die olie, en strooi in ’n vlak bord. Haal die hoenderstu­kke uit die karringmel­k, skud die oortollige karringmel­k af en druk in die krummelmen­gsel sodat elke stuk oraloor bedek is. Pak die hoender op ’n bakplaat. Gooi die olie in ’n spuitbotte­ltjie en bespuit elke stuk hoender liggies daarmee. Bak vir 45-50 minute of tot heeltemal gaar. Sit voor met kapokaarta­ppels en koolslaai. Lewer 4 porsies.

Meng ál die bestanddel­e vir die marinade deeglik saam in ’n groot glasbak. Sit die hoender daarin en bewerk dit met jou hande sodat die hoenderstu­kke oraloor met die sous bedek is. Bedek die bak met kleefplast­iek en laat staan vir 2 uur by kamertempe­ratuur.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Haal die hoenderstu­kke uit die marinade en pak dit in ’n enkellaag in ’n oondrooste­rpan. Bedruip met ’n koppie van die marinade en geur na smaak. Wees versigtig met die sout, want sojasous is reeds souterig. Bak vir ongeveer 45 minute of tot deurgaar. Bedruip die hoender elke 15 minute met ’n bietjie van die orige marinade. Skep die hoender op ’n opdienbord en hou dit in die louoond warm. Giet die pansappe in ’n kastrollet­jie en kook dit oor matige hitte vir ongeveer 15 minute tot die sous verdik het. Gooi die sous oor die hoender en strooi die sprietuie oor net voor jy dit voorsit. Bedien met geelrys met rosyne. Lewer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa