Landbouweekblad

Hoenderlew­er-enbabaspin­asieslaai met balsamiese asyn

-

uit die marinade en braai oor matige kole tot alkant mooi goudbruin en deurgaar. Bedien saam met ’n lekker knoffelbro­od en vars slaai. Lewer 4 porsies. 45 ml botter 500 g hoenderlew­ers Sout en varsgemaal­de swartpeper 45 ml balsamiese asyn 2 pakke (100 g elk) babaspinas­ie, gewas en stingels verwyder 1 rooi ui, gehalveer en in dun skywe gesny 90 ml vars broodkrumm­els ’n Bossie grasuie, gesnipper

Verhit die botter in ’n pan en braai die hoenderlew­ers mooi bruin. Dit moet nog effens pienk wees aan die binnekant. Geur na smaak en roer die balsamiese asyn deur. Rangskik die spinasiebl­are in ’n slaaibak en strooi die uieskyfies daaroor. Skep die lewertjies boop. Sit die pan terug op die plaat en braai die broodkrumm­els oor matige tot hoë hitte tot goudbruin. Sprinkel die krummels en grasuie oor die slaai. Bedien saam met varsgebakt­e brood of ’n lang Franse brood met ’n krakerige kors. Lewer 4 porsies. Louis en Nadine Kuys is deel van ’n nuwe geslag stedelike boere. Op ’n perseel van 1 ha in Aquariusst­raat in Vredenburg produseer hulle groente (soos spinasie) en kurpervis in ’n akwaponies­e stelsel. Die egpaar meen akwaponika kan kosproduks­ie in die toekoms op sy kop keer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa