Landbouweekblad

Wat is die basiese beginsels van akwaponika?

-

Akwaponika integreer hidroponik­a (plante wat in water gekweek word) en akwakultuu­r. Kurperviss­e verskaf kos aan die plante, wat op hul beurt die water vir die visse skoonmaak. Jy moet die stelsel as iets lewends beskou. Die pomp is die hart. Jy het die regte grootte pomp nodig, anders het jy nie die perfekte sirkulasie vir voedingsto­wwe nie. Die pype is die are. As dit te klein is, sal dit verstop en dan het jy ’n groot probleem. Die bloedselle is die voedingsto­wwe wat jou plante voed en gesond hou. Die maag (biologiese filter) is van die belangriks­te aspekte van die stelsel. Dit is waar bakterieë visafval afbreek tot voedingsto­wwe vir die plante. Liefde vir die natuur onderlê alles. Ons probeer so min as moontlik met moeder natuur inmeng. Dit is soms moeilik, want sy het haar eie tyd — nie soos mense wat alles nóú gedoen wil hê nie. LIGGING

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Louis en Nadine Kuys.
FOTO: VERSKAF Louis en Nadine Kuys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa