Landbouweekblad

Heerlike huiskos

-

Karen Hart, kosredakte­ur van die tydskrif Kuier, is op haar gelukkigst­e in die kombuis agter die kospotte. En sy weet hoe om mondwaterl­ekker te kook met alledaagse bestanddel­e, soos die resepte in haar boek Toor met hoender getuig. Karen het meer as 100 van haar beste hoenderres­epte in die boek saamgevat — vir slaai, sop, bredie, pasta, oondgebraa­ide geregte en die braai. Alles is maklik om te maak en bevat bekende bestanddel­e waarvoor jy nie in ’n deli hoef te gaan soek nie. Kort op die hakke van Toor met hoender volg Karen se volgende boek, Maalvleis, met 130 maklike resepte met dié weeksaands­taatmaker. Wie van ons kan nie doen met ’n paar nuwe gougaaren sakpas-aandete-idees met maalvleis nie? Toor met hoender en Maalvleis deur Karen Hart word deur Human & Rousseau uitgegee en kos R260 elk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa