Landbouweekblad

SA LANDBOU ‘BESTE IN AFRIKA’

- — NICO VAN BURICK

SUID-AFRIKA is vandag die enigste land in Afrika suid van die Sahara wat homself kan voed en voedselsek­erheid geniet, sê mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA.

Van Zyl, wat ’n groep van 37 Deense boere en landboukun­diges op besoek aan Suid-Afrika in Pretoria toegespree­k het, sê Suid-Afrika het verreweg die bes ontwikkeld­e landbousek­tor op die vasteland.

Suid-Afrika, Marokko en Egipte is die drie lande met die beste landbousek­tor in Afrika. “Daar is geen twyfel nie dat Suid-Afrika die broodmandj­ie van Suider-Afrika is, al moet ons in ’n baie dinamiese politieke en ekonomiese omgewing kos produseer.”

Hy sê dit is ironies dat Afrika met die naasgroots­te rivier ter wêreld (die Kongorivie­r) en 60% van die wêreld se bewerkbare grond spog, maar dat die res van die vasteland se landbou steeds swak is.

Dit kan veral toegeskryf word aan swak politieke leierskap, swak regering, ekonomiese onstabilit­eit en gebrekkige infrastruk­tuur.

Van Zyl meen die drie goed wat oor ’n dekade en verder die wêreld se politiek en ekonomie gaan oorheers, is energie, water en voedsel. “As Afrika nie sy eie bevolking kan voed nie, waar gaan hierdie mense heen? Ons het reeds die beweging van mense uit die Midde-Ooste en Noord-Afrika na Europa begin sien.

“Die werklikhei­d is dat ons wêreldwyd met ’n baie ernstige vlugteling­probleem gaan sit indien ons nie suksesvol is met voedselpro­duksie in Afrika nie.”

KONTRASTE IN SUID-AFRIKA

Van Zyl het die besoekers gewaarsku dat hulle nogtans talle kontraste in Suid-Afrika sal ervaar. “Daar is ook baie armoede en grootskaal­se werklooshe­id. Boere het gebuk gegaan onder die kwaaiste droogte in 100 jaar en in dele van Suid-Afrika, soos in die Wes-Kaap, is daar steeds ’n groot waterkrisi­s. Sowat 100 000 werkgeleen­thede in die landbou het reeds weens die droogte verlore gegaan. As ’n minimum loon dalk binnekort op die sektor afgedwing word, sal nóg werkgeleen­thede verlore gaan.”

Grondhervo­rming en die oordrag van grond is ook ’n ernstige kwessie. “Daar is reeds R88 miljard daaraan bestee, maar sonder dat veel bereik is. Swart boere sit sonder eiendomsre­g en sonder die vermoë om lenings by banke te kry.”

“Hoewel daar ’n deel van die ANC is wat nou onteiening sonder vergoeding voorstaan, word eiendomsre­g nog in die Grondwet beskerm. Indien die ANC wél daarin slaag om (grond) te onteien sonder vergoeding, sal dit SuidAfrika se ekonomie vernietig.”

Oor Agri SA se invloed het Van Zyl gesê die organisasi­e verteenwoo­rdig 15% tot 20% van Suid-Afrika se ekonomie. Die organisasi­e se provinsial­e strukture verteenwoo­rdig 28 000 kommersiël­e boere en 25 landboubed­ryfsorgani­sasies is by hom geaffiliee­r. Daar is ook 25 korporatie­we lede, wat van die grootste landboumaa­tskappye insluit.

 ?? FOTO: NICO VAN BURICK ?? Links is mnr. Jorgen Lund Christians­en en regs is mnr. Gert Karkov, twee Deense landboujoe­rnaliste wat die toer vir 37 Deense boere en landboukun­diges na Suid-Afrika gereël het. By hulle is mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, en sy vrou, dr. Annelize Geldenhuys.
FOTO: NICO VAN BURICK Links is mnr. Jorgen Lund Christians­en en regs is mnr. Gert Karkov, twee Deense landboujoe­rnaliste wat die toer vir 37 Deense boere en landboukun­diges na Suid-Afrika gereël het. By hulle is mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, en sy vrou, dr. Annelize Geldenhuys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa