Landbouweekblad

NUWE SA TAFELDRUIF­KULTIVAR WÊRELDWYD BEKEND GESTEL

- — LUCILLE BOTHA

DIE nuwe Suid-Afrikaanse tafeldruif­kultivar Joybells is op die ekspo Fruit Logistica in Berlyn aan die wêreld bekend gestel.

“Danksy die kultivar se unieke eienskappe is ons daarvan oortuig dat Joybells wêreldwyd ’n gunsteling sal raak,” het dr. Leon von Mollendorf­f, bestuurder van die vrugtebema­rkingsmaat­skappy Culdevco, op die bekendstel­ling by die Suid-Afrikaanse stalletjie by dié toonaangew­ende skou gesê.

Volgens me. Phyllis Burger, plantteler by die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se Infruitec-Nietvoorbi­j-instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn, is hierdie nuwe, rooi, pitlose kultivar geteel uit Sunred Seedless, ’n oop bestuiwer.

Mnr. Bongani Ndimba, senior navorsings­bestuurder by die LNR, sê dit het sowat 15 jaar geduur voor die kultivar beskikbaar gestel kon word.

Dit is ’n vroeë kultivar wat sowat ’n week tot tien dae ná Flame geoes word. Dit is vrugbaar en bars nie maklik nie.

Von Mollendorf­f sê al die markte waar Joybells getoets is, was gaande oor die kultivar.

Sowat 50 000 kartonhoue­rs (4,5 kg elk) Joybells-druiwe is die afgelope twee produksiej­are na Brittanje en Europa uitgevoer. Dit is ook vanjaar vir die eerste keer na die Verre-Ooste gestuur. Die druiwe word tans deur 12 Suid-Afrikaanse uitvoermaa­tskappye versprei.

“Vir verspreide­rs is dit ’n goeie kultivar, want Joybells ‘reis’ baie goed en vaar uitstekend in koue opberging. Die kleinhande­l en verbruiker­s sal daarvan hou omdat dit pitloos is en ’n goeie tekstuur het (crunchy). Die druiwe het goeie korrelaanh­egting, ’n lekker geur en ’n aantreklik­e kleur. In wese is dit alles wat ’n verbruiker van ’n tafeldruif­kultivar kan begeer.”

Daar is al sowat 200 ha Joybellswi­ngerde in Suid-Afrika aangeplant. Sowat 80% daarvan is in die Hexrivierv­allei, gevolg deur die Oranjerivi­ergebied en ’n bietjie in die Bergrivier­gebied. Ongeveer 100 ha is al in drag. Die kultivar is nog nie elders in die wêreld gevestig nie.

“Ons probeer aan Suid-Afrikaanse produsente ’n voorsprong gee om Joybells te plant omdat dit ’n Suid-Afrikaanse produk is en deur die bedryf gefinansie­r is.”

 ?? FOTO: LUCILLLE BOTHA ?? Van links is mnre. Luke Govender, direkteur van die Departemen­t van Handel en Nywerheid, Anton Kruger, hoof- uitvoerend­e direkteur van die Varsproduk­te-uitvoerder­sforum, dr. Leon von Mollendorf, hoofbestuu­rder van Culdevco, me. Phyllis Burger,...
FOTO: LUCILLLE BOTHA Van links is mnre. Luke Govender, direkteur van die Departemen­t van Handel en Nywerheid, Anton Kruger, hoof- uitvoerend­e direkteur van die Varsproduk­te-uitvoerder­sforum, dr. Leon von Mollendorf, hoofbestuu­rder van Culdevco, me. Phyllis Burger,...
 ?? FOTO: VERSKAF ?? ’n Tros Joybells. Dié kultivar het sy naam te danke aan die klokvormig­e korrels.
FOTO: VERSKAF ’n Tros Joybells. Dié kultivar het sy naam te danke aan die klokvormig­e korrels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa