Landbouweekblad

DROOGTE DEMP NIE VRAAG

-

ANGUS ’n Goeie vraag na Angusbeest­e heers in al die beesproduk­siegebiede van Suid-Afrika, ten spyte van die min reën wat tot onlangs oor ’n wye gebied geval het.

Mnr. John Boulle, rasdirekte­ur van die Angus-beestelers­genootskap van Suid-Afrika, sê die kommersiël­e kuddeboupr­ogram waarvolgen­s die land se nasionale kudde ná die droogtetoe­stande van die afgelope jare aangevul word, vorder stadig, maar seker. ’n Goeie vraag na dragtige en niedragtig­e Angus-tipe diere word ondervind. Een van die beperkende faktore is die tekort aan kontantvlo­ei.

Volgens Boulle se verwagting kan die gemiddelde prys van geregistre­erde, prestasieg­etoetste Angusbulle vanjaar met sowat 21% tot R49 000 styg. Sowat 690 bulle is verlede jaar teen gemiddeld R40 400 stuk verkoop.

“Dié prysverwag­ting is bekostigba­ar, veral aangesien speenkalwe­rs gemiddeld R7 000 stuk behaal en dat bulle se waarde ingevolge die algemene reël van sewe speenkalwe­rs per bul bepaal word,” sê hy. “Bultelers moet egter in ag neem dat kommersiël­e telers die reprodukti­ewe lewe van ouer bulle uitrek, veral as hulle deur veeartse as siektevry en vrugbaar verklaar is.”

Boulle sê die Angus is veral in kommersiël­e kuddes gesog as versbulle danksy hul lae geboortege­wig van gemiddeld 35,4 kg. Rasegte Angusspeen­kalwers het verlede jaar gemiddeld 234 kg geweeg, wat vanweë basterkrag in kalfkruisi­ngs aansienlik hoër sal wees.

— JOHAN NORVAL

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa