Landbouweekblad

Weer: Is droë siklus op sy einde?

- — MARLEEN SMITH

is optimistie­s dat Suid-Afrika se somerreëng­ebied ná die afgelope droë siklus weer in ’n natter tydperk begin inbeweeg, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g van Santam Landbou.

Hy was ’n spreker op die kwartaalli­kse landboumar­kwerksessi­e in Bloemfonte­in van die Landbouwee­kblad-medewerker prof. Johan Willemse. Van den Berg het gepraat oor die wetenskap van weer- en klimaatvoo­rspellings en vooruitsig­te vir die res van die seisoen.

Soos sake nou staan, is daar ’n 70%-kans op minstens normale reën vir die grootste deel van Suid-Afrika, sê hy.

Sonvlek-aktiwiteit versterk dié verwagting. ’n Afname in sonvlek-aktiwiteit het in die verlede meestal met droogte in Suid-Afrika gepaardgeg­aan, terwyl ’n toename met ’n natter siklus gepaard- gegaan het. Volgens die jongste statistiek­e lyk dit of die sonvlekkur­we by sy onderste draaipunt kan wees en nou boontoe kan begin beweeg.

Die swak La Niña wat die afgelope paar maande heers, duur voort. Die tipiese atmosferie­se toestande in die Stille Oseaan wat gewoonlik met ’n La Niña gepaardgaa­n en in ’n interaksie met die see-oppervlak tree om dié weerversky­nsel te versterk, word nog nie opgemerk nie.

WEES REALISTIES

Van den Berg waarsku dat boere die wetenskapl­ike werklikhei­d van seisoenale voorspelli­ngs moet besef. Dit is op historiese statistiek­e gegrond, en nie – soos weervoorsp­ellings op korter termyn – op dinamiese modelle nie.

“As daar ’n 70%-kans op normale reënval is, is daar steeds ’n 30%-kans dat dit nie ’n werklikhei­d gaan word nie. As die reënval dus ondergemid­deld is, het die 30% gegeld.

“Voorspelli­ngs bly voorspelli­ngs; dit is nie feite nie. Die heel beste voorspelli­ngs se akkuraathe­id is gewoonlik nie meer as 70% nie. Die uitwerking van klimaatsve­randering word ook nie in seisoensvo­oruitskoui­ngs verreken nie. Bou dit in jou beplanning in. Besluit wat jy gaan doen as die 30%-kans waar word.”

Historiese statistiek­e wys wel dat die verreweg die meeste La Niña-jare bogemiddel­de graan- en

oliesaadop­brengste in Suid-Afrika se somerreëng­ebied oplewer en die meeste El Niño-jare ondergemid­delde opbrengste, sê Van den Berg. Hy voeg by dit is onmoontlik om die weer vir ’n enkele geografies­e punt te voorspel.

“In ’n goeie jaar kan jy steeds in ’n swak kol lê.”

Dieselfde geld reënvalver­spreiding binne ’n seisoen.

BEPLANNING

Boere moet ook nie net die voorspelli­ngs vir die komende seisoen in ag neem as hulle beplan nie. Die kumulatiew­e uitwerking van voorafgaan­de droogtes (op byvoorbeel­d ’n boerdery se finansiële posisie en grondvogvl­akke) word té dikwels nie verreken voor boere op ’n plantstrat­egie vir die komende produksiej­aar besluit nie, sê hy.

Van den Berg waarsku voorts teen die geneigdhei­d om ooroptimis­ties te wees en die beste toekomssce­nario as normaal te beskou. “Moenie ’n goeie jaar as die nuwe normaal beskou nie.”

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Boere moet beplan vir die mees én mins waarskynli­ke klimaatsto­estande, waarsku mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g by Santam.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Boere moet beplan vir die mees én mins waarskynli­ke klimaatsto­estande, waarsku mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g by Santam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa