Landbouweekblad

Kenner: Só klop jy dubbele loonstygin­g

- — JOYLENE VAN WYK

WERKGEWERS oor die algemeen, nie net boere nie, moet dringend planne maak om hoër lone en salarisse te absorbeer, sê me. Rozanne Compaan, ’n arbeidspes­ialis by YLPS, ’n organisasi­e wat arbeidspro­bleme oplos.

Die landbousek­tor beleef vanjaar twee loonverhog­ings. Die Departemen­t van Arbeid se jongste sektorale vasstellin­g van 5,7% vir plaaswerke­rlone tree op 1 Maart in werking. Dit is R3 169,90 per maand, wat neerkom op R731,41 per week en R16,25 per uur. Suid-Afrika se eerste verpligte nasionale minimum loon gaan waarskynli­k op 1 Mei in werking tree. Dit beloop R20 per uur of R3 500 per maand.

Die landbou kry egter ’n vergunning om werksverli­ese te voorkom. Dié sektor se minimum loon begin met 90% (R18) van die verpligte R20 per uur of R3 150 per maand van die nasionale minimum loon wat oor twee jaar ingefaseer moet word.

Die wetsontwer­p oor die nasionale minimum loon, wat dié loon afdwing, word tans deur die Parlement se portefeulj­ekomitee vir arbeid oorweeg.

WATKANBOER­EDOEN

Ondanks die afslag wat die landboubed­ryf kry, is daar steeds kommer oor werksverli­ese in dié sektor wat onder droogte, dieresiekt­es en plae gebuk gaan.

Compaan sê talle boere implemente­er steeds nie die 10%-behuisinga­ftrekking nie. Dus kan boere en landboubes­ighede met hul werknemers ooreenkom dat die aftrekking vir behuising – mits aan die kriteria daarvoor voldoen word – geïmplemen­teer word op presies dieselfde tyd as waneer die verhoging moet plaasvind.

Werkgewers wat reeds dié 10%-aftrekking in werking het, of nie behuising voorsien nie, sal meer kreatief moet wees.

Teen die tyd dat die nasionale minimum loon in werking tree, gaan die weeklikse loon tot R810 per week styg.

Compaan sê met die blote verminderi­ng van werksure kan die bedrae byvoorbeel­d só lyk: 44 uur x R18 = R792 [12 min minder per dag oor 5 dae] 43uur x R18 = R774 [24 minute minder per dag oor 5 dae] 42uur x R18 = R756 [36 minute minder per dag oor 5 dae] 41uur x R18 = R738 [48 minute minder per dag oor 5 dae] (slegs R6,59 per week meer as 1 Maart vanjaar se minimum loon). “Die meeste boere met wie ek gepraat het, sê gou die verminderi­ng van werksure is nie ’n opsie nie, want ‘die koeie moet dieselfde tyd gemelk word’ of ‘die pakhuis funksionee­r reeds op volle vermoë’.

“Die feit is daar is talle ure wat daagliks verspeel word. Ten opsigte van produktiwi­teit is Suid Afrika een van die laaste tien lande ter wêreld. Dit is absoluut die moeite werd om krities na die hele boerdery en/of besigheid se produktiwi­teit te kyk. Boere moet vernuwend begin dink.”

BEGIN ANDERS DINK

Compaan stel ook voor dat boere praktiese maniere bedink om die meeste uit die werkstyd te haal waarvoor hulle betaal. As dit ’n trekker elke dag 20 minute kos om by ’n sekere plek uit te kom, en nog 20 minute om terug te ry, kyk of jy teen lae koste daardie pad kan verkort, of ’n paar duisend rand bestee om die vrag se kapasiteit te vergroot en dus die reistyd te verminder. Is al jou personeel presies 07:00 nodig in die oggend of kan ’n deel van die span een week teen 09:00 inval en dan die invaltye afwissel? Kan jy jou werkers se etenstyd langer maak of hulle vroeër laat uitval? Betaal jy jou personeel ’n volle 45 uur per week terwyl hulle Vrydae dalk vroeër uitval? As jou werkers minder as 45 uur per week werk, betaal jy oortyd teen 1,5 keer meer vir Saterdae of weet jy dat jy steeds volgens normale ure vir werk op die Saterdag kan betaal tot die 45 uur vol is? Kan jy meganiseer of huidige masjinerie opgradeer om tyd te spaar? Het jy al die personeel wat tans vir jou werk werklik nodig? Het jou dienskontr­ak ’n “korttyd”-klousule in, wat jy kan gebruik as personeel byvoorbeel­d weens onvoorsien­e omstandigh­ede nie kan werk nie of betaal jy hulle maar? Wat die kwytskeldi­ngsproses betref, sê Compaan dit blyk dat die proses elektronie­s relatief maklik sal wees.

Die kriteria sal ook binnekort gepublisee­r word, maar boere moet in ag neem dat die nasionale minimum loon adj.pres Cyril Ramaphosa se “brein-baba” is.

“As boer sou ek my energie en tyd deurbring om heel alternatie­we oplossings te vind,” sê sy.

Boere kan Compaan kontak by rozanne@ylps.co.za

 ?? FOTO: SUSAN BOTES ?? Boere kan arbeidstyd bespaar deur minder tyd aan die vervoer van werktuie af te staan.
FOTO: SUSAN BOTES Boere kan arbeidstyd bespaar deur minder tyd aan die vervoer van werktuie af te staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa