Landbouweekblad

Gevaarlike VSA-onkruid dalk in SA

- — NICO VAN BURICK

VRESE bestaan dat een van Amerika se mees verwoesten­de onkruide by katoen, mielies en sojabone (foto) die afgelope twee maande in katoenland­e naby Douglas opgespoor is.

Landbouwee­kblad het betroubaar verneem dat plantmater­iaal van ’n plant wat morfologie­s ooreenstem met die gevreesde

Amaranthus palmeri tans DNS-toetse ondergaan om te bevestig dat dit wel dié plantsoort is.

Landboukun­diges by GWK het bevestig dat plantmater­iaal van dié plant, wat skynbaar weerstand teen sekere bekende onkruiddod­ers bied, vir DNS-ontleding na Pretoria gestuur is, maar wou nie meer sê voor daar nie sekerheid is oor watter soort Amaranthus dit is nie. Die toetsuitsl­ae sal na verwagting oor ’n maand bekend wees.

WEERSTANDI­G

Volgens die webwerf van die Amerikaans­e deelstaat Minnesota se departemen­t van landbou het dié plant weerstandi­gheid opgebou teen “talle klasse plantdoder­s en hul verskillen­de maniere van werking, wat dit moeilik en duur maak om te bekamp”.

Volgens die webwerf kan een plant tot 250 000 sade produseer. Dit is uiters mededingen­d met ander plante en inhibeer die groei van die gewasse waartussen dit groei, aangesien dit van 2 duim tot 3 duim (5-7 cm) per dag groei en tot 2 m hoog kan word.

Volgens die webwerf is opbrengsve­rliese van tot 91% by mielies en 79% by soja in sommige Amerikaans­e deelstate aangemeld.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa