Landbouweekblad

Rooibos-golf oorrompel wêreld

Teen die pas waarteen die rooibosdra­nkie BOS oorsese markte oorrompel, kan dit een van Suid-Afrika se mees ikoniese handelsmer­ke raak. Mnr. Dave Evans, uitvoerend­e hoof, het in Amsterdam vertel van die maatskappy se planne om Amerika te betree.

-

Hulle wil graag sien dat rooibostee meer word as ’n kommoditei­t. Daarom bring die span agter die bekende BOS-ystee hul kant om Suid-Afrika se inheemse rooitee te help verhef tot ’n sterk handelsmer­k. BOS-ystee en -rooibostee het Suid-Afrika in 2011 met vernuwende, prettige bemarkings­veldtogte en kleurryke verpakking­s getref. Deesdae staan die ystee sy plek vol op supermarkr­akke en restaurant­e en hotelle in Nederland, Frankryk, België en binnekort ook Amerika – soveel so dat dit vir die aandeelhou­ers mnr. Dave Evans, uitvoerend­e hoof, en me. Marié van Niekerk, bemarkings­direkteur, meer sinvol geraak het om na Europa te verhuis. Hulle het kantore in Amsterdam, Nederland, en Parys, Frankryk, geopen. Ons ontmoet juis in hul kantoor in Frederik Hendrikstr­aat in Amsterdam.

“Ons gebruik sowat 100 ton organiese rooibostee per jaar, wat ons seker een van die grootste aankopers van organiese rooibostee maak. Hopelik sal dit help om daardie deel van die bedryf mettertyd uit te bou,” vertel Dave, wat voorheen op Stellenbos­ch gewoon het, maar hom ses maande gelede saam met sy gesin in Utrecht gevestig het.

“Rooibos het voorheen nie ’n plek op die premiemark gehad nie. Ons is onbeskaamd pro-rooibos en wil dit ‘oplig’ en vier. As ons iets kleins vir rooibos kan beteken, is dit om dit bekend te maak as handelsmer­k en nie net as ’n kommoditei­t nie.

“Ons geskiedeni­s loop nou saam met Klipopmeka­ar (die aandeelhou­er mnr. Richard Bowsher se rooibospla­as in die Sederberge). Van ons tee kom van daar af, maar ons koop ook baie van ander plase in die omgewing. Die plaas-tot-produk-ketting is vir ons baie belangrik. Ons wil weet presies waar en hoe die tee verbou is. Ons koop dus ons rooibostee regstreeks van die plaas af en verwerk dit dan self verder.”

Hoewel Suid-Afrika tans nog BOS se grootste mark is – danksy ’n onlangse ooreenkoms met Rhodes Food Group sal dit binnekort in tot 10 000 winkels in die land beskikbaar wees – ervaar hulle op ’n jaargronds­lag dubbelsyfe­rgroei in Europa.

“Op die lang duur sal Europa en Amerika ons grootste markte raak. Die bevolkings is net soveel groter in Europa en Amerika, maar ystee is ook ’n premiumdra­nkie en ons is ’n premiumhan­delsmerk. Die verbruiker­sprofiel vir sulke produkte is net baie groter in Europa en Amerika.”

Hoe gebeur dit dat ’n produk met sy oorsprong in die soms ongenaakba­re Sederberge so vinnig die wêreld-leer klim?

“Ons het ’n paar gelukslae gehad,” erken Dave. “Maar ons wou ook reg van die begin af ’n drankhande­lsmerk bou wat die potensiaal het om te reis. Ons het dus altyd groot ambisie gehad, maar ons glo ook jy moet eers jou tuiswedstr­yde wen voor jy kan wegwedstry­de speel,” vertel hy.

Die vier vennote in die ondernemin­g is entreprene­urs in hart en siel en almal het voorheen oorsee (in lande soos die Brittanje, Amerika, Frankryk, Duitsland en Spanje) gewerk. Hulle was dus nie geïntimide­er deur die gedagte daaraan om nuwe markte te betree nie. Dít, en sterk beleggers (soos Invenfin, die waagkapita­al-afdeling van Remgro Beperk, en sir Alex Ferguson, voormalige bestuurder van Manchester United), het gehelp om die knoop deur te haak.

ONTGIN EUROPESE MARKTE

Nederland was die eerste Europese mark wat hulle in 2014 betree het.

“Rooibostee het ’n lang geskiedeni­s in Europa, veral in Duitsland en Nederland. Dis welbekend hier en word baie waardeer deur Europese verbruiker­s. As jy na die pryshiërar­gie van tee kyk, is rooibos hier ’n premiumtee wat waardeer word vir sy gesondheid­svoordele en die feit dat dit kafeïenvry is.”

Boonop was dit logisties makliker om eers na Europa uit te brei. “Dit is in dieselfde tydsone en net ’n oornagvlug van Suid-Afrika af. Dit is groot genoeg om om die besigheid uit te brei, maar ook klein genoeg om bemarking en klanteverh­oudings te bou.”

Daarna het Frankryk en België gevolg. Die Franse groep Carrefour het 5 500 winkels en BOS is in 2 000 van hulle beskikbaar. En in al hoe meer Franprix-winkels, die derde grootste kettingwin­kelgroep, kan Franse nou BOS in hul mandjies laai.

“Daar is nog Spanje, Italië, Portugal . . . en Duitsland is massief! Daar is nog baie plekke waarheen ons kan gaan,” sê Dave.

Soos op eie bodem, is die verpakking altyd helder, energiek en opgewek. “Dis ’n shopper

stopper, sê ons altyd, en een van ons grootste bates. Maar ongeag die mark is rooibostee altyd die gemene deler. Ons handelsmer­k is daarop gebou; dis ons magic bestanddee­l en ons vier dit soveel ons kan. Dis sonder kafeïen, dra geure baie goed, dis laag in suiker, smaak lekker en boonop is dit deel van ons herkoms,” vertel Dave.

“Ons is ’n brand first-storie, maar Suid-Afrika is ’n groot deel daarvan. Die land is deel van ons kleure, verpakking en ikonografi­e. Dis belangrik en mense is dol daaroor as ons die storie vertel in Frankryk, Nederland of Amerika. Suid-Afrika het ’n beeld van avontuur en die eksotiese en ons gebruik dit op ’n goeie manier.”

Boonop is hul produkte organies (maar eerder gemik op die soort gesondheid­sbewuste klant wat nie altyd te koop loop daarmee nie), wat beteken dat hulle op baie plekke die enigste organiese ystee is.

Amerika is die uitsonderi­ng, waar daar verskeie mededinger­s is.

VOLGENDE BESTEMMING: AMERIKA

“Ons het nog altyd baie navorsing gedoen oor Amerika en baie versoeke van daar gekry, maar gevoel die tyd is nog nie reg nie. Verlede jaar het ons egter besluit die tyd om dit aan te pak, is nóú,” vertel Dave oor hul planne om binnekort BOS na San Diego, Los Angeles en San Francisco te neem. Hy het self voorheen sowat vier jaar in Amerika gewerk en het daarom ’n “gevoel” vir dié mark.

Hoewel rooibostee nie so bekend is in Amerika nie (daar is darem sommige Starbucks-winkels wat dit aanbied), is Amerika wat waarde betref die grootste ysteemark ter wêreld. Elke Amerikaner drink sowat 17-20 liter ystee per jaar (in Suid-Afrika is die syfer maar 0,8 liter).

“Ons lê klem op Suid-Kalifornië, waar ons veral op die Horeca-mark (hotelle, restaurant­e en koffiewink­els), wat nog altyd vir ons baie belangrik was, gaan konsentree­r. Ons gebruik ook verskillen­de verspreide­rs in die afsonderli­ke stede en probeer ook saam met belangrike supermarkk­ettinggroe­pe werk, veral dié wat op organiese en natuurlike produkte konsentree­r. Sprouts is ’n nasionale kettingwin­kelgroep met 270 winkels in Amerika en ons gaan op van sy rakke wees. Daar is ook ’n hele spul streekswin­kelgroepe, soos Jimbo’s en New Seasons, waar ons te vinde sal wees.”

Om ’n produk aan ’n nuwe mark bekend te stel, is nie maklik nie. Die span van BOS glo daaraan om soveel moontlik mense die ystee te laat proe, maar nie op ’n alledaagse manier nie. Die proe-oomblik moet, nes die produk, mense se verwagting­s oortref. Vandaar die guerrilla-bemarkings­taktieke, soos om mense, aangetrek soos kameelperd­e, op fietse in Amsterdam se strate te laat invaar en BOS-ystee uit te deel.

“As jy iemand die kans gee om jou produk te proe, wil jy daardie oomblik vir hom of haar vorm en die beste moontlike indruk skep. Jy vra iemand se tyd om te proe, daarom moet jy op jou beurt ’n lekker ervaring gee. Ons glo organic hoef nie ordinary en bio nie

boring te wees nie.” Dit is nie slim om soveel water te vervoer nie, daarom maak hulle die ystee in die lande waar dit versprei word (of in lande daar naby). Daarvoor word die rooibos uit Suid-Afrika ingevoer en geurmiddel­s (soos suurlemoen­e uit Spanje) in verskeie lande verkry. BOS-rooibostee word wel in Suid-Afrika verpak en van daar uitgevoer.

HET EINDE NIET

Dit het harde werk, ’n bietjie geluk en ’n goeie span met ’n gemeenskap­like passie en visie geverg om BOS te bring waar dit vandag is.

“Ek vertel altyd die storie: ‘How to eat an elephant? One bite at a time.’ Ek dink dus jy moet net konsentree­r op dit wat voor jou is, dit te bowe kom en stadig maar seker vorentoe beweeg,” vertel Dave oor hoe hulle dit reggekry het.

“Jy moet altyd aan die deur klop. Jy weet nooit wat aan die anderkant is as die deur oopgaan nie. Jy moet deurstap, maar dit bly ’n avontuur. Jy kan nie dink jy gaan deurstap en weet waarheen dit jou gaan lei nie. Jy moet risiko’s kan loop. Om ’n entreprene­ur te wees, is nie ’n grap nie. Dis ’n wipwarit, met hoogte- en laagtepunt­e, vreugde en teleurstel­ling.

“As ek na die toekoms van BOS kyk, wag daar nog baie op ons wat nuwe markte en produkte betref. Daar is baie geleenthed­e wat voorlê. Ek’s baie opgewonde,” sê Dave.

‘Jy moet altyd aan die deur klop. Jy weet nooit wat aan die anderkant is as die deur oopgaan nie. Jy moet deurstap, maar dit bly ’n avontuur. Jy kan nie dink jy gaan deurstap en weet waarheen dit jou gaan lei nie.’

 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Dave Evans voor BOS se kantoor in Frederik Hendrikstr­aat, Amsterdam. Die fiets is ook sy “ride to work”.
Mnr. Dave Evans voor BOS se kantoor in Frederik Hendrikstr­aat, Amsterdam. Die fiets is ook sy “ride to work”.
 ??  ?? BOS-ystee op die rakke van Albert Heijne, ’n bekende supermark in Nederland.
BOS-ystee op die rakke van Albert Heijne, ’n bekende supermark in Nederland.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa