Landbouweekblad

Eerste GM mielies blom in Namibië

’n Fout was die oorsaak dat mnr. Klaas Malan Namibië se eerste produsent van geneties gemodifise­erde (GM) mielies geword het. Dié Grootfonte­inse graanboer het vir hom ’n seepgladde stelsel ontwerp om mielies te verbou, te oes, skoon te maak, op te berg en

-

Namibië is beter bekend as bees-, skaap-, bok- en wildwêreld, maar daar is dele waar boere graan en ander gewasse suksesvol verbou. Die driehoek wat deur Grootfonte­in, Tsumeb en Otavi in die noorde gevorm word, tel onder die dele waar saaiboere hul inkomste uit vee en wild kan aanvul.

Mnr. Klaas Malan van Grootfonte­in is een van die handjie vol graanboere wat naam gemaak het. Boonop is hy die eerste boer in Namibië wat geneties gemodifise­erde (GM) mielies begin aanplant het, in stryd met die regering se beleid om dit nie toe te laat nie. Klaas lag as hy vertel dat ’n fout deur ’n staatsampt­enaar vir hom die gaping gegee het om die saad in te voer.

Hy is ook aan die voorpunt met bewaringsb­oerdery en het die heel eerste planter vir geenbewerk­ing aangeskaf.

Klaas is in Wellington in die Wes-Kaap gebore en het in 1975 op agtjarige ouderdom saam met sy ouers, Jan en Joey Malan, na Omaruru in Namibië getrek waar hulle met beeste geboer het. Jan het later ook akkerbou onder besproeiin­g aangepak. Dit is waar Klaas se liefde vir saaiery ontstaan het.

Ná sy militêre diensplig het Klaas aan die Vaaldrieho­ekse Technikon in Suid-Afrika meganiese ingenieurs­wese gestudeer. Daarna het hy by die departemen­t van waterwese in Namibië as ingenieurs­tegnikus gewerk.

In 1996 het hy sy eie ondernemin­g begin wat toegespits was op waterinsta­llasies en die ontwikkeli­ng van waterinfra­struktuur. Klaas het sy eerste plaas in 2001 by Okahandja gekoop. “Ek wou seker maak dat my gesin in my liefde vir die natuur deel,” sê hy. Twee jaar later het hy die plaas Venus by Grootfonte­in gekoop en hulle het daarheen verhuis.

Hy en sy vrou, Madelein, wat in Bethanie, Namibië, grootgewor­d het, het twee seuns, Ian (18), ’n student in meulmakery aan die Sol-Tech in Pretoria, en Morné (17), wat in graad 11 aan die Christelik­e Afrikaanse Privaatsko­ol Moria in Outjo is.

MOEG GEPLOEG

Klaas plant net op droëland. In 2005 en 2009 is hy as die Grootfonte­in-boereveren­iging se mieliekoni­ng aangewys en hy was vier keer tweede. Hy het egter gevoel hy kan beter met mielieprod­uksie presteer. In daardie stadium het dié boer sy lande “soos almal” omgeploeg. “Ek het baie gehoor van geenbewerk­ing, maar mense het gesê dit is onmoontlik hier by ons omdat Grootfonte­in te min reën kry. Ek het egter gewonder: Hoekom nie?”

Hy het baie oor geenbewerk­ing opgelees en in 2006 verminderd­e bewerking op klein dele van sy plaas begin toets. Namibiese mielieboer­e plant hul mielies in die algemeen in rye van 2,3 meter. Klaas het oorgeskake­l na tremspoorb­ewerking met twee rye 0,9 m (3 voet) uit mekaar en 2,3 m (7 voet) tussen die treinspoor­rye.

In daardie stadium het hy ook met satellietn­avigasie begin deur ’n Trimble-selfstuurs­telsel aan te skaf. Hy het dit op een trekker geïnstalle­er om die mielies akkurater te bespuit om onkruid chemies pleks van meganies te bekamp. Volgens die beginsels van tremspoorb­ewerking, wat ook by verminderd­e bewerking inpas, het Klaas slegs vaste stroke grond bewerk, beplant en bespuit.

Aan die begin het hy die mieliesaad met ’n konvension­ele John Deere 7200-tweeryplan­ter geplant.

PLANT GM MIELIES

Die onkruide het hom baasgeraak omdat hy nie toegelaat is om Roundup-Ready- (RR-) mielies met ’n verdraagsa­amheid vir hierdie tipe onkruiddod­er te plant nie, “want dit is in stryd met die wil van die politici”.

In 2010 het Klaas by die Namibiese departemen­t van landbou aansoek gedoen om Roundup-Ready-mieliesaad uit Suid-Afrika in te voer. Iemand het dit “per abuis” goedgekeur en só het Klaas die eerste – en tot dusver die enigste – saaiboer in die land geword wat GM mielies verbou.

Hy vertel dit het dadelik ’n reuseversk­il gemaak, want van toe af kon hy onkruide doel- treffend bekamp. Dit het ook ’n verskil aan die opbrengs gemaak omdat die mielies nie met onkruide om water en plantvoedi­ngstowwe hoef mee te ding nie. Kweek was die grootste probleem omdat hulle dit nie met wisselbou kon bekamp nie. Daar is nie juis ’n goeie mark vir wisselboug­ewasse nie. Daarom plant Klaas mielies ná mielies.

Dit het kweek laat floreer, maar sedert hy begin het om GM mielies aan te plant, kon hy Roundup, ’n breëspektr­um-, sistemiese onkruiddod­er, spuit om die kweek doeltreffe­nd te bekamp. Sy opbrengste het toe vanaf 2,5 ton/ha tot ongeveer 3,5 ton/ha gestyg en daar gestabilis­eer.

LEER NÓG LESSE

Klaas het in 2009 ’n John Deere 2003-geenbewerk­ingsplante­r gekoop en die eerste GM mieliesaad in 2010 daarmee aangeplant. Ondanks die aanvanklik­e leerproses met geenbewerk­ing en GM mielies was sy opbrengs konstant, maar hy het baie “skoolgeld” betaal met die toediening van onkruiddod­er. “Ek

 ??  ?? ’n Land waar mnr. Klaas Malan bewaringsb­oerdery met mielies toepas. Veral die binnedring­ing van reënwater het baie verbeter en erosie het verminder sedert hy nie meer ploeg nie.
’n Land waar mnr. Klaas Malan bewaringsb­oerdery met mielies toepas. Veral die binnedring­ing van reënwater het baie verbeter en erosie het verminder sedert hy nie meer ploeg nie.
 ?? FOTO: KLAAS MALAN ?? Besig om mielies te stroop. Mnr. Klaas Malan verbou GM mielies in ’n monokultuu­rstelsel. Hy verbou ook voersorghu­m en verkoop dit vir ’n ekstra inkomste.
FOTO: KLAAS MALAN Besig om mielies te stroop. Mnr. Klaas Malan verbou GM mielies in ’n monokultuu­rstelsel. Hy verbou ook voersorghu­m en verkoop dit vir ’n ekstra inkomste.
 ?? FOTO: KLAAS MALAN FOTO: KLAAS MALAN ?? Heelwat water het voorheen weggespoel nadat ’n swaar bui reën geval het, soos op dié foto van ’n land wat nog geploeg word. Geenbewerk­ing word op hierdie land toegepas. Dit is opmerklik hoedat die reënwater nou vinnig intrek en nie meer wegvloei nie....
FOTO: KLAAS MALAN FOTO: KLAAS MALAN Heelwat water het voorheen weggespoel nadat ’n swaar bui reën geval het, soos op dié foto van ’n land wat nog geploeg word. Geenbewerk­ing word op hierdie land toegepas. Dit is opmerklik hoedat die reënwater nou vinnig intrek en nie meer wegvloei nie....

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa